blog

 

 

 

Make and see comments here

 

Die bekroonde Britse akteur en omroeper Craig Conway se verbasende, wêreldveranderende en wêreldreddende onderhoud in 2020 met die Australiese bioloog Jeremy Griffith oor sy boek FREEDOM: The End Of The Human Condition, wat die volkome bevrydende, opheffende en helende begrip van die kerngeheimenis en vraagstuk oor mensegedrag en ons sogenoemde ‘goed-en-kwaad’-geteisterde menslike toestand bied. Sodoende word alle konflik en lyding in die mens se lewe by sy ontstaan beëindig, en die nou dringend-allernodigste padkaart vir die volkome rehabilitasie en transformasie van ons lewens en die wêreld voorsien! ’n Voormalige president van die Kanadese Psigiatriese Vereniging, professor Harry Prosen, het dit as ‘die belangrikste onderhoud van alle tye’ beskryf.

Deur middel van dié onderhoud kan Jeremy Griffith se werk vinnig verstaan en met ander gedeel word.

(Besoek HumanCondition.com om die webtuiste van hierdie video en alle ondersteunende material te besigtig.)

 

 

Die Transkripsie van DIE Onderhoud Volg

 

Inhoud

Agtergrondinligting

 

Deel 1.   Die werklike biologiese verklaring van die menslike toestand wat die psigose daarvan behandel en oplos?

 

Deel 2.     Aangesien die verduideliking van instink-teenoor-intellek redelik vanselfsprekend is, waarom is ons dit nie op skool geleer nie?

 

Deel 3.     Hoe het mense ons instinktiewe samewerkende en liefdevolle morele gewete verwerf?

 

Deel 4.   Hoe vind die sielkundige rehabilitasie van die mensdom werklik plaas wat eers by die ontstaan van ’n begrip van die menslike toestand uiteindelik moontlik word?

 

Agtergrondinligting

 

An image of Craig Conway in radio studio conducting ‘THE Interview’, alongside an image of Jeremy Griffith in Australia during ‘THE Interview’

 

Jeremy Griffith (foto regs)

Jeremy is ’n Australiese bioloog wat sy lewe daaraan gewy het om ’n ten volle verantwoordbare, biologiese begrip van die dilemma van die menslike toestand aan te voer; wat die onderliggende vraagstuk in alle menslewens van ons spesie is, naamlik ons buitengewone kapasiteit vir wat ‘goed-en-kwaad’ genoem word.

Jeremy het reeds ses boeke oor die menslike toestand uitgegee, wat die Australasiese topverkoper A Species In Denial (2003), en sy definitiewe verhandeling, FREEDOM: The End Of The Human Condition (2016) insluit.

Sy werk het die ondersteuning gelok van vooraanstaande wetenskaplikes soos die voormalige president van die Kanadese Psigiatriese Vereniging, professor Harry Prosen, die wenner van Australië se Templeton Prys bioloog professor Charles Birch, die voormalige president van die Primate Vereniging van Groot Brittanje dr David Chivers, die wenner van die Nobel Prys fisikus Stephen Hawking, asook ander uitmuntende denkers soos sir Laurens van der Post – en is te besigtig by www.humancondition.com/​#commendations.

Jeremy is die stigter en beskermheer van die World Transformation Movement (WTM)besoek www.humancondition.com.

 

Jeremy Griffith presenting THE Interview with Craig Conway

 

FREEDOM: The End Of The Human Condition (VRYHEID: Die Einde Van Die Menslike Toestand)

Front cover of ‘FREEDOM: The End Of The Human Condition’

Jeremy se boek FREEDOM, die onderwerp van hierdie onderhoud, bied die biologiese verklaring wat ons ‘goed-en-kwaad’-geteisterde menslike toestand versoen en sielkundig genees. Sodoende word die kerngeheimenis agter die mensegedrag ontknoop, wat lyding en konflik by sy ontstaan beëindig – en die nou dringend-allernodigste padkaart vir die volkome transformasie van ons lewens en die wêreld voorsien.

FREEDOM is in 2016 bekendgestel by die Koninklike Geografiese Vereniging in Londen, waar sir Bob Geldof die beleidsrede gelewer het. Dit is geredelik beskikbaar by www.humancondition.com, of u kan hardebandeksemplare by boekwinkels, Amazon inkluis, koop.

 

Craig Conway

Craig is ’n internasionaal-bekroonde Engelse akteur, skrywer, rolprentvervaardiger en regisseur wat reeds drie dekades lank in die teater, op TV en in rolprente werk. Op die verhoog het Craig projekte vir teatergeselskappe geskep, wat die Nasionale Teater, Die Koninklike Shakespeare Geselskap, Die Northern Stage Ensemble (as stigterlid) en die Contact Teater Manchester insluit. Op die silwerdoek het hy in rolprente soos Final Score met Pierce Brosnan, The Current War met Benedict Cumberbatch en The Courier met Gary Oldman opgetree. Sy TV-verskynings sluit in Vera, Wire In The Blood, George Gently, en Our Friends In The North. Craig is ’n lid van die Skrywersgilde van Groot Brittanje.

Craig het onlangs ’n belangstelling in radio ontwikkel en bied nou sy eie program op NTRsounds in die noordooste van England aan.

Lees verder oor Craig by: www.craigconwayofficial.com.

Craig het eers vroeg in 2019 van Jeremy se verklaring van die menslike toestand te hore gekom en dit het hom só beïndruk dat hy ’n WTM-sentrum in die noordooste van Engeland gestig het om dit te bevorder. Besoek www.WTMNorthEastEngland.​com.

 

Craig Conway in radio studio conducting ‘THE Interview’

 

 

Deel 1

 

Die werklike biologiese verklaring van die menslike toestand wat die psigose daarvan behandel en oplos

 

Craig Conway: Welkom aan al ons luisteraars. My naam is Craig Conway. Hoewel ek ’n akteur van beroep is, het ek onlangs op radio begin werk waar ek met mense van regoor die wêreld gesels. Vandag het ek ’n baie spesiale gas van Australië op die lyn.

Die verwarring en trauma van die coronavirus pandemie het net die nou dringende behoefte in die wêreld na ’n dieper blywende oplossing vir alle chaos en lyding in die menselewe verhoog. En dis juis hierdie dieper blywende oplossing wat hierdie bioloog ons in dié onderhoud gaan bied. Hy doen dit deur die onderliggende oorsaak van alle lyding, naamlik ons sogenoemde ‘goed-en-kwaad’-geteisterde menslike toestand, te verklaar en op te los.

Ek gee dus nie om waarmee julle nou besig is nie, maar julle moet nou ophou en na hierdie onderhoud luister. Ek gee regtig nie om wat julle vir die res van jul lewens doen nie, solank julle net na hierdie onderhoud luister, as julle kan!

Die ouderhoud bestaan uit vier dele, elkeen gemiddeld 15 minute lank. Dis ook nie lank genoeg nie, gegewe dat ons die hele menslike toestand daartydens gaan uiteensit!

Dit is dus vir my ’n groot voorreg om die Australiese bioloog Jeremy Griffith bekend te stel. Hy is die skrywer van ’n boek getiteld FREEDOM: The End Of The Human Condition. My eksemplaar, wat ek al ’n geruime tyd het, dra ek oral saam met my, en daar is tans miljoene mense regoor die wêreld wat Jeremy se boek bestudeer, deurlees en navors. [Craig het vroeg in 2019 te hore gekom van Jeremy se verklaring van die menslike toestand en dit het hom so beïndruk dat hy ’n WTM-sentrum in die noordooste van Engeland gestig het om dit te bevorder: besoek www.WTMNorthEastEngland.​com.]

Ek is dus hier om almal te vertel dat hierdie boek nie net my beïndruk het nie, maar ook professor Harry Prosen, die voormalige president van die Kanadese Psigiatriese Vereniging, dus een van die wêreld se vooraanstaande psigiaters. Hy het gesê, en ek haal hom aan: “Daar bestaan by my geen twyfel dat Jeremy Griffith se biologiese verklaring van die menslike toestand … die heilige graal van insig is wat ons vir die sielkundige rehabilitasie van die mensdom gesoek het. Dit is die boek waarop ons gewag het, dit is die boek wat die wêreld red.” Einde van die aanhaling.

Ek dink alle luisteraars sal saamstem dat hierdie wêreld presies net dit – ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom’ benodig! Maak dus jul sitplekgordels vas, want dit gaan nou een van die interessantse en opwindendste gesprekke wees waarna julle al ooit geluister het.

Dankie Jeremy, dat jy met ons gesels. Sê vir ons, hoe bring jou werk ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom’ en ’n einde aan alle lyding en stryd teweeg, en, soos professor Prosen dit stel, ‘die wêreld red?

 

Jeremy Griffith: Baie dankie vir die geleentheid wat jy my op jou program gegun het, Craig. Om ’n begrip van ons sielkundig-ontstelde menslike toestand te soek en vind was eintlik nog altyd die doel van elke lewende mens op aarde se toegewyde strewens, prestasies en bydraes. Soos professor Prosen gesê het, om ’n begrip van die menslike toestand te vind, was ‘die heilige graal’ op die ganse menslike reis van bewuste denke en ondersoek.

Die mens het totaal in die hoop, geloof en vertroue geleef dat eendag, êrens, op een of ander plek, al die strewens van almal – maar van die wetenskaplikes in die besonder – die volkome bevrydende, opheffende en helende begrip van ons as mense sou oplewer. Ek weet dit klink vergesog om te beweer dat hierdie doel van aller doelwitte uiteindelik behaal is, maar dit is so. Trouens is die menslike toestand so ’n moeilike onderwerp om te behandel en af te handel dat ek nooit so openlik en vrymoedig daaroor sou gepraat het, as dit nie reeds opgelos was nie.

 

Craig: Okei dan, Jeremy, los die menslike toestand vir ons op. Ons luister!

 

Jeremy: Eerstens wil ek net noem dat ek ’n bioloog is. En dis belangrik, omdat ek dink almal sal saamstem dat ons ’n behoefte aan ’n nie-abstrakte, nie-mistieke, volkome rasionele en dus verstaanbare, wetenskaplike, biologiese verklaring van die mens het.

Dus hoe gaan ons die menslike toestand verduidelik en verstaan? Begryp hoekom mense is soos hulle is, so brutaal-mededingend, selfsugtig en aggressief dat die menselewe feitlik ondraaglik geword het? Inderdaad, hoe kan ons soveel sin maak van ons verdelende gedrag dat die onderliggende oorsaak daarvan volkome verduidelik en verstaan word, dat, soos professor Prosen gesê het, die ganse mensdom sielkundig gerehabiliteer word en almal se lewens omskep is?

 

Craig: Ja, dis wat ons wil hê; die menslike toestand uiteindelik vir ewig verklaar, herstel en genees!

 

Jeremy: Presies, Craig. Dus om mee te begin: Ek weet dat alle luisteraars onder die indruk verkeer en dit daadwerklik glo – dis immers wat ons almal op skool geleer is en wat ons in elke dokumentêr gesê word – naamlik, dat mense se mededingende, selfsugtige en aggressiewe gedrag toegeskryf kan word aan ons wrede, ons-moet-ons-gene-reproduseer-instinkte, wat ons met ander diere deel.

 

An image of two Bighorn rams butting, with one of two Grizzly Bears fighting

 

Ek bedoel, ons gesprekke is deurspek met hierdie siening, vol opmerkings soos: ‘Ons word deur ons gene geprogrammeer om ander te oorheers en om ’n wenner in die lewensstryd te wees’; en ‘Ons beheptheid met seksuele verowering is as gevolg van ons oerinstink om ons saad te versprei deur voortplanting’; en ‘Mans tree gruwelik op omdat ’n oorvloed van testosteroon in hul liggame hulle dwing om hul gene te reproduseer’; en ‘Ons wil graag ’n groot huis hê, want ons is van nature territoriaal’ – en ‘Gevegte en oorlog is maar net die uitdrukking van ons diepgewortelde, strydlustige, dierlike aard’; en die mees algemene kommentaar, Craig, is dat ‘Dit net menslik is om selfsugtig te wees’.

 

Craig: Ja, dis presies soos ek die rede vir ons mededingende en aggressiewe geaardheid verstaan het – dat ons oor brutaal-mededingende, oorlewing-van-die-sterkste instinkte beskik, wat ons altyd probeer om na die beste van ons vermoëns in toom te hou of te beskaaf of te beheer. Dis wat ek altans op skool geleer is.

 

Jeremy: Ja, dis wat ons geleer is, maar kom ons dink daaroor – en wat ek nou gaan sê is baie belangrik, dus hoop ek gaan almal aandagtig luister.

Hierdie idee dat ons wrede mededingende en aggressiewe, ons-moet-ons-gene-reproduseer-instinkte het, kan tog seker nie die werklike rede vir ons spesie se mededingende en aggressiewe gedrag wees nie. Want die woorde wat gebruik word om ons mensegedrag te beskryf – soos egosentries, arrogant, besiel, terneergedruk, bedrieglik, pessimisties, optimisties, vals, haatdraend, sinies, lelik, sadisties, immoreel, briljant, skuldgedrewe, boos, psigoties, neuroties en vervreemdend – is almal woorde wat die betrokkenheid van ONS spesie se ten volle bewuste denkende verstand erken. Hulle toon dat daar ’n sielkundige dimensie aan ons gedrag is; dat ons nie aan ’n geneties-opportunisties-gedrewe ‘dierlike toestand’ ly nie, maar eerder ’n bewuste-verstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde MENSLIKE TOESTAND.

 

Caveman cartoon depicting the savage instincts stereotype

Ons primaatvoorouers was nie soos hulle lankal in skilderye beskryf word wilde, wrede ondiere nie, en ommesy deur die paleoskilderkunstenaar Jay H. Matternes in die tydskrif Science uitgebeeld word.

 

Bowendien het mense samewerkende, onselfsugtige en liefdevolle morele instinkte – en dit kom tot uitdrukking in wat ons ons morele bewussyn of gewete noem – en dit is die presiese teenoorgestelde van ons mededingende, selfsugtige en aggressiewe instinkte. Soos Charles Darwin dit gestel het: ‘Die morele bewussyn (oftewel sin of gewete)…​lewer die beste en grootste onderskeid tussen die mens en laer dieresoorte’ (The Descent of Man, 1871, hoofstuk.4). Om hierdie samewerkende, onselfsugtige en liefdevolle morele instinkte te hê, moes ons primaatvoorouers natuurlik samewerkend, onbaatsugtig en liefdevol geleef het, andersins hoe kon ons dié instinkte oorerf het? Ons primaatvoorouers kon dus nie brutale, mededingende en aggressiewe barbare wees soos ons geleer is nie. Hulle het eerder in ’n paradysagtige tuin soos Eden in ’n toestand van samewerking, onbaatsugtigheid en liefdevolle en sagmoedige onskuld geleef. En, soos ek later in hierdie onderhoud wil verduidelik, Craig, is dit ’n toestand waarin die bonobo-aapspesie tans verkeer, en die heersende antropologiese bevindings bewys dat ons ook eens só geleef het. Byvoorbeeld, volgens antropoloë soos C. Owen Lovejoy word besef dat ‘ons spesie-bepalende samewerkende mutualisme ver verby die oudste Plioseen-tydperk gestrek het’ [wat meer as 5.3 miljoen jaar gelede was] (‘Reexamining Human Origins in Light of Ardipithecus ramidus’, Science, 2009, Vol.326, No.5949).

 

Large group of Bonobos

’n Groep bonobo’s

 

Science magazine cover featuring Ardi

‘Deurbraak van die Jaar’ – die voorblad van
die tydskrif Science se Desember 2009 uitgawe

Various ardipithecenes standing in natural environment

Matternes se rekonstruksie van die 4.4 mjg
Ardipithecus ramidus in sy natuurlike habitat

 

Dit is dus eenvoudig onwaar om te sê dat ons mededingende en aggressiewe gedrag van die ewe wrede, kompeterende en veglustige instinkte in ons binneste afkomstig is. En ek wil netnou na daardie punt terugkeer. Dit is net as ’n gerieflike verskoning gebruik terwyl ons gewag het op die ware verklaring van ons huidige mededingende en aggressiewe menslike toestand, wat die psigose daarvan erken en dit oplos!

 

Craig: Sjoe, dis ’n taamlik gewigtige stelling, Jeremy. Ek bedoel, dis ’n baie belangrike punt wat jy hier maak. Jy beweer dat ons mededingende en aggressiewe gedrag nie aan ons gene-moet-reproduseer-instinkte wat ons met ander diere deel toegeskryf kan word nie, maar wel aan ’n bewuste verstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde toestand, nè?

 

Jeremy: Ja, ons egosentriese, arrogante, gemene, wraaksugtige, selfs sadistiese gedrag het niks te doen met die reproduksie van ons gene nie. Dié opvatting was absurd. En dis eintlik baie goeie nuus dat ons gedrag as gevolg van ’n bewuste verstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde toestand ontstaan, omdat psigoses genees kan word, mits ons hulle verstaan. Indien ons mededingende en aggressiewe gedrag te wyte was aan ons wrede instinkte, dan sou ons met daardie in- of aangebore, onveranderlike gedragspatroon moes opgeskeep sit. Maar aangesien ons spesie se verdelende gedrag aan ’n psigose toegeskryf kan word, kan dit deur ’n helende begrip daarvan genees word. En dit is inderdaad baie goeie en opwindende nuus, want met begrip kan ons uiteindelik ons sielkundig-versteurde menslike toestand beëindig. Ons het selfbegrip nodig om die pyn in ons brein te genees en om weer na liggaam en siel gesond te word.

 

Key Unlocking the Mind illustration by Matt Mahurin for ‘Time’, Nov. 29 1993

 

Soos ek gesê het, was die ‘wrede instinkte’ verklaring maar net ’n gerieflike verskoning terwyl ons op soek was na die ware verklaring van ons verdelende gedrag wat die psigose daarvan sou behandel en oplos. En dis die verduideliking wat ek graag nou wil aanbied.

 

Craig: Okei, dus wat jy hier sê, Jeremy, is dat ons nie meer die gerieflike verskoning vir ons wrede dierlike instinkte nodig het nie, aangesien ons die ware verklaring van ons bewuste, verstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde menslike toestand het!

 

Jeremy: Ja, en hierdie allerbelangrike sleutelverklaring wat die psigose behandel en oplos, is eintlik voor die hand liggend.

As ons daaroor nadink, indien ’n dier ten volle bewus sou word, soos met die mensdom gebeur het, dan sou daardie dier se nuwe selfbeherende, verstandsgebaseerde brein seer sekerlik sy vorige instinktiewe oriëntasies jeens die wêreld moes uitdaag, nie waar nie? Daar sou ’n stryd moes uitbreek tussen die ontwakende, bewuste verstand, wat volgens ’n besef van oorsaak-en-gevolg te werk gaan, en die onwetende instinkte, wat daardie dier nog altyd beheer het en aan hom voorgeskryf het hoe hy hom moet gedra.

 

Craig: Ja, dit maak sin, Jeremy, maar wat het eintlik plaasgevind toe hierdie dier bewus geword het en sy hele lewe in ’n sielkundig-ontstelde verwarring verander het?

 

Jeremy: Die maklikste manier om te sien wat gebeur het is om jou ’n dier voor te stel, wat altyd onder beheer van sy instink was, en wat hom skielik in ’n situasie bevind waar hy ’n bewuste verstand ontwikkel. As ons dit doen, sal ons gou sien hoe daardie dier ’n sielkundig-versteurde mededingende en aggressiewe toestand sou ontwikkel, soos die een waaraan ons almal ly.

Kom, neem ’n ooievaar as voorbeeld: ons noem hom Adam. Elke somer migreer Adam instinkmatig noord saam met die ander ooievaars om die kus van Afrika na Europa om daar te gaan paar, soos sekere ooievaarsoorte maar doen. Aangesien Adam Ooievaar nie oor ’n bewuste verstand beskik nie, oordink of bevraagteken hy nooit sy eie gedrag nie; hy volg net sy instinkte.

 

Adam Stork Story - 1. Storks flying before Adam became conscious

 

Maar wat sou gebeur as ons Adam ’n groot brein gee wat tot bewuste gedagtes in staat is? Hy sal wel vir homself begin dink, maar baie van sy nuwe idees sal nie met sy instinkte strook nie. Byvoorbeeld, gestel Adam, wat saam noordwaarts met die ander ooievaars migreer, sien ’n eiland vol appelbome. Hy neem ’n bewuste besluit om af te wyk van sy migrasieroete om die eiland te gaan verken. Dit is sy eerste groot eksperiment in selfbestuur.

Adam Stork Story - 2. Storks flying as Adam becomes conscious
Adam Stork Story - 3. Conscious Adam sees an island

 

The Story of Adam Stork - 4. Disobedient Adam

Drawings by Jeremy Griffith © 1991-2016 Fedmex Pty Ltd

 

Maar sodra Adam se instinkte gewaar dat hy van sy koers afgedwaal het, sal hulle sy ongeprogrammeerde gedrag kritiseer en ’n dogmatiese poging aanwend om hom weer op sy instinktiewe vlugroete terug te bring, nè? Hy sal gevolglik as sleg beoordeel word.

 

Adam Stork Story - 5. Conscious Adam gets criticised

 

Jy kan jou Adam se verwarring voorstel: hy kan eenvoudig nie terugkeer en sy instinkte navolg nie. Sy instinktiewe oriëntasies ten opsigte van die migrasieroetes is oor duisende geslagte van natuurlike seleksie verwerf, maar daardie oriëntasies was nooit insigte nie, en aangesien die bewuste verstand insig vereis, wat net deur eksperimentasie kan geskied, sal dit onmiddellik in teenstryd met sy instinkte wees.

Die ideale ding op hierdie tydstip sou wees as Adam se bewuste verstand aan sy instinkte sou verklaar het hoekom hy in opstand gekom het. Hy sou verduidelik het dat die geen-gebaseerde, natuurlike seleksieproses slegs instinktiewe oriëntasies ten opsigte van die wêreld gee, waar dit van sy senuwee-gebaseerde, bewuste verstand, wat wel sin van oorsaak en gevolg kan maak,’n besef of begrip van die wêreld vereis om te kan werk.

Adam Stork Story - 6. Conscious Adam’s talk with his instincts

Drawing by Jeremy Griffith © 1991-2016 Fedmex Pty Ltd

 

Maar Adam beskik nie oor hierdie selfbegrip nie. Hy het nou eers sy soektog na kennis begin. Hy is in der waarheid nie eers bewus van wat die probleem eintlik is nie. Hy begin voel dat hy sleg, of selfs boos, is.

 

Craig: Okei, dus wat jy sê is dat daar ’n stryd tussen sy bewuste verstand en sy instinkte ontstaan het. En hy kan dit nie verklaar nie, en dit laat hom sleg voel of dat hy op een of ander manier sleg, of selfs boos, is. Wat het toe gebeur?

 

Jeremy: Dis tragies, want terwyl hy op soek na begrip is, kan ons insien dat drie dinge onvermydelik gebeur. Adam gaan verdedigend reageer teenoor die geïmpliseerde kritiek vanaf sy instinkte; hy gaan desperaat soek na enige versterking wat hy kan vind om ontslae te raak van dié negatiewe gevoelens; en hy gaan probeer om die kritiek te ontken en uit sy gedagtes te kry! Hy het woedend, egosentries en vervreemd geword – en dis die sielkundig-versteurde of -ontstelde toestand wat ons die menslike toestand noem, omdat die mens ’n bewuste verstand ontwikkel het en sielkundig ontsteld geword het. (En ‘ontsteld’ is die korrekte woord vir ons toestand, want hoewel ons nie ‘boos’ of ‘sleg’ is nie, is ons beslis sielkundig-ontsteld as gevolg van die dwang om aan die mensdom se heldhaftige soektog na kennis deel te neem. ‘Korrup’ en ‘in onguns of ongenade val’ is woorde wat ons toestand beskryf, maar hulle het negatiewe konnotasies, wat ons nou as onverdiend beskou; dus is ‘ontsteld’ ’n beter woord.)

Adam se intellek of ‘ego’ – ego is eintlik maar net ’n ander woord vir die intellek, volgens die definisie van ‘ego as die bewuste, denkende self’ in die Concise Oxford Dictionary (5de uitgawe, 1964) – en syne het meer op die behoefte na selfverantwoording gefokus. Adam het egosentries geword, selfsugtig behep met aggressiewe mededinging om geleenthede om homself as goed en nie sleg nie te bewys, om sy eiewaarde te regverdig, om voordeel uit ‘wen’ te trek; om wesenlik enige positiewe versterking te kry wat hom van sy kritiserende instinkte sou verligting bied. Hy het onvermydelik selfbehep of selfsugtig, aggressief en mededingend geword.

 

Angry red Adam Stork

 

Dus is ons selfsugtige, mededingende en aggressiewe gedrag nie die gevolg van wrede instinkte nie, maar van ’n sielkundig-ontstelde toestand of ontsteldheid.

Dit kom daarop neer dat sielkundige ontsteldheid die prys was wat ons as bewuste mensdom moes betaal vir ons heldhaftige soektog na begrip. In die woorde van die liedjie The Impossible Dream van die musiekblyspel Man of La Mancha, moes ons bereid wees om ter wille van ’n goddelike saak in die hel in te marsjeer (‘march into hell for a heavenly cause’ - lirieke deur Joe Darion, 1965). Ons moes onsself verloor, om onsself te vind; ons moes dit duld om woedend, vervreemd en egosentries te word, totdat ons voldoende kennis opgedoen het om met insig onsself nader te verklaar.

 

Craig: Sjoe, Jeremy, dit is fassinerend. Adam Ooievaar – oftewel ons, die mensdom – het ’n bewuste verstand ontwikkel wat onvermydelik in ’n ontstellende stryd met ons instinkte gewikkeld was, wat net kon eindig sodra ons kon verduidelik en insien hoekom ons teen ons instinkte moes gaan – dis die insig wat jy so pas verskaf het, nie waar nie?

 

Jeremy: Presies. Onthou, Adam Ooievaar het defensief-woedend, egosentries en vervreemd geraak, omdat hy nie kon verduidelik waarom hy teen sy instinkte gegaan het nie. Aangesien ons dit nou kan verduidelik, is daar nie meer ’n behoefte aan daardie verdedigende gedrag nie, en dit kan gestaak word!

En dis feitlik al wat daar is om te verduidelik. Dit is die biologiese verklaring van die menslike toestand wat die mens so uiteensit, dat dit, soos professor Prosen gesê het, ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom teweegbring’! Dit sal goed wees om ’n entstof vir hierdie aaklike virus te hê, maar daar is ’n behoefte aan iets van selfs meer onskatbare waarde – ’n entstof vir die menslike toestand, ’n geneesmiddel daarvoor, en dis wat ons so pas aangebied is.

 

Adam Stork - from living with the trauma of the human condition to living free of it

 

Craig: Dit is so ’n eenvoudige verhaal, maar verreikend in al sy vertakkings – ek bedoel dit is beslis wêreldveranderend, omdat dit ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom’ in staat stel! Ek dink dis net wonderlik.

Ek gesels tans met die Australiese bioloog Jeremy Griffith.

Deel 2

 

Aangesien hierdie verduideliking van die instink-teenoor-intellek redelik vanselfsprekend is, waarom is ons dit nie op skool geleer nie?

 

Craig: Hallo luisteraars, ek is Craig Conway and ek gesels met die Australiese bioloog Jeremy Griffith oor hoe ons alle verwarring en trauma in die wêreld kan beëindig deur die menslike toestand te verklaar en te verstaan – en dis die instink-teenoor-intellek verduideliking wat Jeremy ons in Deel 1 van hierdie onderhoud gegee het.

Ek het ’n paar vrae, Jeremy. Eerstens, die verduideliking dat ons by bewuswording in ’n sielkundig-onstellende worsteling met ons diktatoriale instinkte gewikkeld was, klink vanselfsprekend, maar as dit so voor die hand liggend is, waarom is ons dit nie op skool geleer nie? En tweedens, hoe kon ons bonobo-aapvoorouers samewerkend en liefdevol word, wat soos u gesê het, die oorsprong van ons instinktiewe morele gewete (of bewussyn) moet wees, wat ons, volgens Darwin, van ander diere onderskei? En my derde vraag is, hoe vind ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom’ wat professor Prosen beskryf, werklik plaas; ek bedoel, moet ons almal vir sielkundige terapie of behandeling gaan?

Okei, so terloops, wil ek ook noem dat aangesien daar heelwat nuwe – en baie interessante – konsepte is om oor na te dink, het Jeremy gesê dat hy die video én die transkripsie van hierdie onderhoud beskikbaar sal stel, bo-aan die webwerf van die World Transformation Movement by HumanCondition.com waar sy begrip van die menslike toestand bevorder word. Die onderhoud is beskikbaar as ’n video en die transkripsie as ’n gratis boekie, Dit beteken dat luisteraars weer daarna kan luister, of die onderhoud kan deurlees, want, soos ek gesê het, is daar baie stof tot nadenke oor dié omvattende onderwerp van die menslike toestand.

 

Jeremy: Okei, dit is baie goeie vrae wat jy daar stel, Craig.

Om jou eerste vraag te beantwoord: indien hierdie instink-teenoor-intellek verduideliking so vanselfsprekend is, waarom is ons dit nooit op skool geleer nie?

Die antwoord is dat daar selfs in die antieke tyd erken is dat die verskyning van die bewuste verstand op een of ander manier na ’n ‘val in genade’ gelei het – of ’n sondeval, of hoe ook al jy die korrupsie van ons oorspronklike onskuldige, samewerkende, onbaatsugtige en liefdevolle instinktiewe toestand wil beskryf. Maar dit was eers toe die wetenskap die verskil tussen die geen-gebaseerde en senuwee-gebaseerde leerstelsels blootgelê het – dat gene kan oriënteer, maar dat senuwees moet verstaan – dat ons uiteindelik in ’n posisie was om die goeie rede vir ons woedende, egosentriese en vervreemde menslike toestand te verduidelik.

Die Bybelse verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden, wat Moses lank gelede om en by 1,500 vC geskryf het, is ’n volmaakte beskrywing van die sielkundig-ontstellende stryd wat tussen ons instinkte en ons bewuste intellek ontstaan het. Daar staan geskryf dat Adam en Eva/die mensdom/ons die ‘vrugte’ (Genesis 3:3) ‘van die boom van kennis’ (Gen. 2:9, 17) geneem het en ‘ongehoorsaam was’ (dié term word dikwels in beskrywings in Gen. 3 gebruik). Met ander woorde, ons het ’n bewuste verstand en vrye wil ontwikkel. Maar daar staan ook in daardie voor-wetenskaplike verhaal geskryf dat Adam en Eva toe ‘kwaad’ (Gen. 3:22) geken en ‘sonde’ gepleeg het (Gen. 4:7) omdat hulle woedend-kwaad, egosentries en vervreemd geraak het, en gevolglik het Moses gesê dat hulle ‘uit die tuin van Eden …weggestuur is’ (Gen. 3:23) – die toestand van samewerkende en liefdevolle onskuld.

 

Painting of Adam and Eve by Lucas Cranach the Elder

Adam en Eva, geskilder deur Lucas
Cranach die Ouere (1526)

Lithograph of Adam and Eve being cast out of Paradise, c.1880

Adam en Eva word uit Paradys weggestuur, uit Old Testament
Stories,
uitgewer Society for Promoting Christian Knowledge,
Londen (c.1880)

 

Omdat daar nie kennis was van hoe natuurlik-geselekteerde instinkte en oorsaak- en gevolggedrewe bewussyn van mekaar verskil nie, kon hierdie verhaal oor Adam en Eva se bewuswording net tot die gevolgtrekking kom dat die woedende, egosentriese en vervreemde toestand wat by bewuswording ontstaan ’n slegte, bose, sondige toestand was. Maar, in hierdie wetenskaplike aanbieding word beweer, ‘Nee, nee, daardie verhaal is verkeerd.’ Adam en Eva is werklik nie net goed nie, maar die helde van die hele verhaal van lewe op Aarde – want die bewuste verstand is tog die natuur se grootste uitvinding, en om na begrip te gaan soek het terwyl die hele wêreld in teenkanting was, was die ergste en moeilikste taak om uit te voer – omdat daardie veroordeling universeel was. Al die ander onskuldige ooievaars veroordeel die soektog na kennis, en aangesien die hele natuur – die reën, wolke, bome, en die ander diere – gekant was teen alles wat met ons oorspronklike instinktiewe en gevolglik veroordeelde self gepaardgegaan het, het die hele wêreld, dit wil sê, die mensdom, teen Adam en Eva, saamgespan. Tog was ons as mense die hele tyd goed en nie boos nie, maar ons kon nie verduidelik waarom ons só was nie; maar nou, met behulp van die wetenskap, kan ons wel so maak.

 

Craig: Ja, ek het dit nie besef nie, maar dis waar. Ek bedoel, wanneer Adam en Eva die vrugte van die boom van kennis pluk, is dit ’n metafoor vir bewuswording. En toe hulle uit die oorspronklike onskuld van die tuin van Eden weggestuur is, was dit omdat dit voorgekom asof hulle weens hul bewuswording sleg of boos was. Maar nou, dankie tog, kan ons verduidelik dat hulle, die mensdom, glad nie boos was nie; ons is eintlik die helde van die verhaal van die lewe op Aarde!

 

Jeremy: Dis reg, ons kan nou verklaar en verstaan dat ons as bewuste mense groot helde en glad nie skurke is nie. Watter verligting is dit dan nie!

 

American journalist and educator, Richard Heinberg giving a public presentation

Richard Heinberg (1950– )

Richard Heinberg’s book ‘Memories and Visions of Paradise’

 

Wat die erkenning van die ontstellende konflik tussen ons morele instinkte en ons bewuste intellek betref, is die Bybelse verhaal van Adam en Eva by verre nie die enigste voorbeeld daarvan in antieke tye nie. Soos die navorser Richard Heinberg dit in sy 1990 boek Memories & Visions of Paradise (die onderstreepte woorde is wat Jeremy wou beklemtoon) vervat het, ‘Elke godsdiens begin met die erkenning dat die menslike bewussyn van die goddelike Bron geskei is, dat ’n voormalige besef (of sin) van eenheidverlore gegaan het …oral in die godsdiens en mites is daar ’n erkenning dat ons van ’n oorspronklike ….onskuld afgewyk het en dat ons slegs daarna kan terugkeer deur die oplossing van een of ander diep innerlike verdeeldheid… die oorsaak van die (Sonde-)val word as ongehoorsaamheid, die eet van ’n verbode vrug [van die boom van kennis], en as ’n geestelike geheueverlies [vergete, afgesluit, ontkennend, vervreemd, wat ons psigose is](bl.81-82 van 282) beskryf. Dus het al ons godsdienste en die meeste van ons mitologieë ons grondliggende innerlike konflik erken – dat die ontstaan van ‘bewussyn’ (d.i. bewuswording) ons ‘Val’ van ‘onskuld’ veroorsaak het.

Detail of a mosaic by Monnus of Hesiod, 3rd century; in the Rhenish State Museum, Trier, Ger.

Hesiodos, die Monnus mosaïek, c.200

Cover of Hesiod’s Theogeny and Works and Days

 

Eeue gelede in 800 vC, het die Griekse digter Hesiodos geskryf oor ons spesie se voorbewuste tydperk toe ons samewerkend en liefdevol geleef het, in sy epiese gedig Works and Days: ‘Toe die gode en mense gebore is / het die onsterflikes ’n goue volk op die Aarde geskep ….Nes gode het hulle geleef, met kalm, rustige gemoedere /​ Vry van die geswoeg en wroeginge van ons soort / Ook het ouderdom nooit hul liggame misvorm nie … hulle het onheil nie geken nie, en hulle het hul lewens in feesviering deurgebring …Toe hulle gesterf het, het hulle aan die slaap geraak, en dit het nie gelyk asof hulle dood was nie / Wat hulle besit het, was elke goeie ding; die lewensonderhoudende grond / het volop vrugte gelewer sonder dat hulle daarvoor moes werk / Hulle het welaf met baie besittings in vreedsame lande gewoon / Almal was gewillig om die oeste van hul arbeid te deel’ (The Remains of Hesiod the Ascræan, vert. C.A. Elton, bl.17-18). Dus ja, hulle het nie oor ’n versteurde bewuste gemoed beskik nie en hulle het saam op ’n vreedsame en vrygewige wyse gelewe.

 

Craig: Ja, ek het al van die idee van ’n goue volk of ras gehoor, maar ek het eintlik nie geweet waarvandaan dit kom nie. Wat jy dus sê, Jeremy, is dat ons oervoorouers ‘kalm, rustige gemoedere’ gehad het – dus was daar op daardie tydstip geen menslike toestand nie!

 

Jeremy: Ja, dis reg, en in 360 vC het Hesiodos se Griekse landgenoot Plato ’n soortgelyke beskrywing van ons spesie se voorbewuste tyd van onskuld gegee. Hy het geskryf: ‘daar was ’n tyd toe …​ons die geluksalige visioen aanskou het en ingewy is in ’n geheimenis wat werklik die mees geseënde genoem kan word, wat deur ons in ons toestand van onskuld gevier is, voordat ons enige ervaring van die euwels wat sou kom gehad het, toe ons toegelaat is tot die aangesig van geeste wat onskuldig en eenvoudig en kalm en gelukkig was, wat ons in helder lig aanskou het, self rein en nog nie in daardie lewende graf gehuisves wat ons tans rond dra nie (Phaedrus; Engelse vert. B. Jowett, 1871, 250).

 

Triptych showing marble bust of Plato and the covers of his books Phaedrus and The Statesman

Plato, c.428–348 vC; Phaedrus; Statesman

 

Plato het ook hierdie ander beskrywing van die onskuldige ‘Goue Eeu’ of tydperk in ons spesie se voorbewuste verlede gegee, toe ons ’n ‘geseënde en spontane lewe…​[gelei het waar daar] geen geweld, of enige uitbuiting van mekaar was nie, geen oorlog of rusie onder hulle nie…Destyds was God self hul herder en het hy oor hulle geheers [met ander woorde, die oriëntasie van ons oorspronklike instinktiewe self was om op ’n ideale, samewerkende, liefdevolle wyse te leef]…​Onder hom was daar geen vorm van regering of aparte besit van vroue en kinders nie; want alle mense het van die grond herrys, met geen geheue van die verlede nie [met ander woorde, ons het in ’n voorbewuste toestand gelewe]. En…die aarde het hulle volop vrugte verskaf, wat vanself op bome en struike gegroei het, en nie deur enige mensehand geplant is nie. En hulle het naak rondgeloop, en meestal in die buitelug gewoon, want die seisoenstemperature was matig; en hulle het nie beddens gehad nie, maar het op sagte kussings van gras gelê wat welig uit die grond gegroei het (The Statesman, c.350 vC; Engelse vert. B. Jowett, 1871, 271-272).

Daar lê die knoop, Hesiodos en Plato, nes Moses, het op ’n tydstip gelewe toe die wetenskap nog ontwikkel moes word, dus kon hulle nie die bevrydende instinkte-kan-oriënteer-maar-net-senuwees-kan-verstaan, goeie rede verskaf nie WAAROM ons die ‘onskuld’ verlaat het en oënskynlik ‘bose’, slegte mense geword het.

 

Craig: Ja, want destyds was daar geen wetenskap nie.

 

Jeremy: Presies, eers gedurende die laaste 150 jaar het die wetenskap die volgende aan ons bekendgemaak: A: die vermoë om te weet dat die geen-gebaseerde natuurlike seleksieproses ’n spesie ten opsigte van die wêreld oriënteer; en B: die kennis van ons senuwees en hul vermoë om gebeure te onthou, wat ná meer ontwikkeling, aanleiding gegee het tot ons verstand se vermoë om deur bewustheid en intelligensie die verhoudings of verwantskappe tussen oorsaak en gevolg voldoende te kan verstaan. Dit het net in die laaste 150 jaar gebeur, maar die fossielrekord van ons voorouers dui daarop aan dat ons denkende, ten volle bewuste brein met sy groot verwantskap- of assosiasiesoekende korteks eers sowat 2 miljoen jaar gelede ontstaan het. En dit beteken dat ons vir bykans al 2 miljoen jaar bewus was, maar geensins kon verduidelik en verstaan waarom ons ons oorspronklike onskuldige, instinktiewe self of siel gekorrupteer het. En sonder daardie bevrydende verklaring was die enigste manier hoe ons die enorme skuldgevoel oor die uitwissing van ‘Eden’ kon verdra, was om te ontken dat ons ooit in ’n samewerkende en liefdevolle onskuldige toestand geleef het – en dis juis waar die verskoning, dat ons nes ander diere oor wrede, mededingende en aggressiewe instinkte beskik, tot ons redding gekom het.

En hoewel dit onwaar is, was dit ’n absoluut briljante verskoning, want pleks van instinkte wat allesliewend en dus ondraaglik veroordelend jeens ons huidige nie-liefdevolle toestand is, word dit uitgelê asof hulle wreed en brutaal en moet-gene-reproduseer instinkte was, nes ander diere s’n. Pleks van ons bewuste verstand wat die instink-afwerende oorsaak van ons korrupsie was, word dit aangedui as die onskuldige, bemiddelende ‘held’, wat moes ingryp en probeer om daardie sogenoemde wreedaardige innerlike instinkte te beheer! En diegene soos Hesiodos en Plato, wat gewaag het om die waarheid van ons samewerkende en liefdevolle verlede te erken, is afgemaak as romantikusse wat in die waan verkeer het. En daar is ook gesê dat die hele idee van ’n onskuldige Eden-agtige verlede niks meer as nostalgie na die veiligheid en moederlike warmte van ons kinderjare was nie, dat dit ‘nooit ’n historiese toestand’ was nie, soos die Jungiaanse sielkundige Erich Neumann in sy boek The Origins and History of Consciousness (1949, bl.15 van 493) gesê het.

 

Erich Neumann

Erich Neumann (1905–1960)

Cover of Erich Neumann’s book ‘The Origins and History of Consciousness’

 

Craig: Ja, en ons kon nie die waarheid verdra dat ons die utopie in ’n distopie, ’n verskriklike plek van konflik en lyding, verander het nie, nè?

 

Jeremy: Ja, dis reg, Craig. En ek moet ook daarop wys dat hoewel die meeste kontemporêre denkers aan die wrede instinkte verskoning vir ons verdelende gedrag vasgeklou het, was daar ’n paar van hulle, wat nes die antieke denkers, die basiese instink-teenoor-intellek elemente eerlik erken het wat betrokke is by die ontstaan van die menslike toestand. Eugène Marais, Paul MacLean en Arthur Koestler is maar net ’n paar van hulle wie se name by my opkom.

 

A selection of science books based upon the ‘savage instincts’ excuse for human behaviour

Sommige wetenskaplike boeke wat die onware ‘wrede instinkte’ verskoning vir menslike gedrag aanvoer.

 

Eugene Marais, Paul Maclean, Arthur Koestler beside covers of their books

Eugène Marais (1871–1936), Paul MacLean (1913–2007) en Arthur Koestler (1905–1983)

 

Hoewel alle kontemporêre denkers die voordeel gehad het dat die wetenskap die verskil tussen die geen-gebaseerde en die senuwee-gebaseerde leerstelsels blootgelê het, en hulle dus oor die middele beskik het om ’n eerlike verklaring van die menslike toestand te bied, het diegene wat wel die basiese instink-teenoor-intellek elemente erken het, dit nie eers verder gevoer as dit nie. En diegene wat hulle tot die wrede instinkte verskoning verbind het – wat die oorgrote meerderheid wetenskaplikes is – het klaarblyklik nie eerlik nagedink nie, sodat hulle geen verwagting gehad het om die menslike toestand te kon verklaar nie. Dis waarom dit aan die eerlike denke van die vooraanstaande Suid-Afrikaanse filosoof sir Laurens van der Post oorgelaat is, en daarna ek self, om uiteindelik die volkome, ware verklaring van die menslike toestand aan te bied.

 

Craig: Okei. En Jeremy, ek neem aan dat luisteraars meer kan lees oor die kontemporêre denkers wat die instink-teenoor-intellek elemente betrokke by die menslike toestand erken het, en diegene wat aan die wrede instinkte verskoning vasgeklou het op die World Transformation Movement se webwerf by HumanCondition.com?

 

Portrait of Sir Laurens van der Post in army uniform

Sir Laurens van der Post
(1906–1996)

Cover of Sir Laurens van der Post’s book ‘The Lost World Of The Kalahari’

 

Jeremy: Ja, hulle kan, veral in die vierde video bo-aan die tuisblad.

Hoe ek en sir Laurens van der Post die menslike toestand behandel en opgelos het, word ook in my 2020 boek beskryf How Laurens van der Post Saved The World, wat ook geredelik op die webwerf beskikbaar is. Wat basies in daardie boek verklaar word is dat aangesien almal van nature op verskillende wyses sielkundig-ontsteld is vanweë hul verskillende ondervindings met die mensdom se stryd in die soektog na kennis, sal daar altyd ’n paar mense wees wat dit gelukkig beskore was om as baba’s en jong kinders die woedende, egosentriese en vervreemdende gevolge van daardie ontstellende stryd vry te kon spring. En dit is hierdie groep mense wat in die menslike toestand kon insien sonder om daardeur te erg ontsteld te word. Ek en sir Laurens was twee van hierdie uiters gelukkige ontkenningsvry-denkende mense, en dis hoe ons insig in die menslike toestand kon vind.

Ek moet ook bysê dat hoewel daar toenemende ondersteuning vir hierdie nou desperaat-dringendnodige begrip van die menslike toestand is, het die hoofstroomwetenskap dit nog nie erken of ondersteun nie – maar dis wat gebeur wanneer daar deurbrake in die wetenskap is wat paradigmaskuiwe teweeg bring. Toe die fisikus Max Planck gesê het dat ‘Die wetenskap maak vordering een begrafnis na die ander’ (Marilyn Ferguson se verwysing na ’n kommentaar deur Planck in sy Scientific Autobiography, 1948; New Age tydskrif. Aug. 1982; sien www.wtmsources.com/174) erken hy hoe elke geslag wetenskaplikes geheg raak aan die denkwyse waarmee hulle groot geword het, en dus hoe stadig die wetenskap as geheel is om na ’n nuwe paradigma van begrip te beweeg. En die dramaturg George Bernard Shaw het ook gewaarsku hoe moeilik dit is om ’n nuwe paradigma van denke bekend te stel – veral een wat dit waag op die histories-ondraaglik-konfronterende en verbode terrein van die menslike toestand – toe hy gesê het ‘Alle groot waarhede het hul ontstaan as laster gehad’ (Annajanska, 1919). Dus ja, om die menslike toestand te konfronteer, nadat almal dit ontken het, al is dit nou eindelik verklaar en dus veilig om gekonfronteer te word, verteenwoordig die grootste ‘laster’.

 

Craig: Ja, ek verstaan volkome. Ek bedoel, net uit my beperkte ondervinding, Jeremy, weet ek hoe moeilik dit is om mense sover te kry om hul denkwyse te verander. Maar jou basiese punt is dat die wetenskap se ontdekking oor hoe gene en senuwees werk dit uiteindelik moontlik gemaak het om die mensdom te bevry van die ‘gruwel’ van die menslike toestand.

 

Jeremy: Ja, dit is die wesenlike waarheid: die wetenskap is die bevryder, die sogenoemde ‘messias’ of ‘redder’ van die mensdom, soos ons nog altyd gehoop het dit sou wees!

 

Craig: En dit was alles net betyds, Jeremy, want ek dink dat die wêreld nie enige verdere ontstelde gedrag van die mensdom die hoof kan bied nie – maar, natuurlik moet ons die wetenskaplike gemeenskap se ondersteuning vir hierdie begrip werf.

 

Jeremy: Inderdaad. Hoewel ons in ontkenning van ons gekorrupteerde, sielkundig-ontstelde toestand moes leef toe ons dit nie kon verklaar nie, feit bly staan dat op ’n grafiek wat die steeds toenemende vlakke van ontsteldheid in mense aantoon, die vlakke van veral psigose en vervreemding onlangs so vinnig gestyg het dat die styglyn omtrent vertikaal loop, en die omvang van ontsteldheid nou met elke nuwe geslag verdubbel! In Freedom Essay 59 op ons World Transformation Movement se webwerf word hierdie verskriklike eindspel bedreiging van terminale vlakke van psigose beskryf. Basies het ons feitlik die wedloop tussen selfvernietiging en selfbegrip verloor.

 

Graph showing the ever-increasing levels of upset in humans and the threat of terminal psychosis

Die wedloop tussen selfvernietiging en selfbegrip

 

Inderdaad, vroeg in die laaste eeu, het die outeur Antoine de Saint-Exupéry geskryf dat ‘Ons gaan deur diep angswekkende dae, en indien ons ons angstigheid wil verlig, moet ons die oorsaak daarvan diagnoseer … Wat is die betekenis van die mens? Geen antwoord word op hierdie vraag gebied nie, en ek kry die gevoel dat ons vinnig inbeweeg in die donkerste tydperk in wat die wêreld al ooit beleef het’ (A Sense of Life, uitgegee. 1965, bl.127, 219 van 231). En sedertdien het die ‘diep angswekkende dae’ baie meer geword, dus is ons nou in die middel van ‘die donkerste tydperk wat ons wêreld al ooit beleef het’ en hierdie wêreldreddende, ‘verligting-van-die-oorsaak’ begrip van ‘die betekenis van die mens’ het beslis net betyds opgedaag – en dit beteken dat die wetenskaplike gemeenskap beslis dinge agtermekaar moet kry en hierdie deurbraak moet ondersteun!

 

Antoine de Saint Exupery

Antoine de Saint Exupéry (1900–1944)

Cover of ‘A Sense of Life’ by Antoine de Saint Exupery

 

Ek sal nou jou ander vrae beantwoord, Craig, maar ek wil net noem dat die eerste van die videos op die World Transformation Movement se webwerf waarsku oor die moeite wat nie net die wetenskaplikes gehad het nie, maar feitlik almal wat probeer het om die histories-ondraaglike konfronterende onderwerp van ons gekorrupteerde toestand te behandel en te bedink, wat uiteindelik nou so volledig uiteengesit is dat dit veilig is om te behandel en te erken.

 

Craig: Ek is Craig Conway en ek gesels met die Australiese bioloog Jeremy Griffith.

 

Deel 3

 

Hoe het mense ons instinktiewe samewerkende en liefdevolle morele gewete verwerf?

 

Craig: Ons gaan voort met ons belangrike gesprek met die Australiese bioloog Jeremy Griffith wat die menslike toestand vir ons verklaar en hoe ’n begrip daarvan alle trauma en lyding in die wêreld kan beëindig – en dis iets wat ons beslis nodig het!

In Deel 1 het Jeremy verduidelik dat ons as bewuste mense woedend, egosentries en vervreemd geraak het toe ons nie kon verklaar hoekom ons teen ons instinkte moes gaan nie, maar aangesien ons dit nou kan verklaar en ons onsself verstaan, is daardie verdedigende hanteringsmetodes nie meer nodig nie en is die mensdom sielkundig gerehabiliteer.

In Deel 2 het Jeremy verduidelik hoekom ons die oneerlike wrede instinkte verskoning moes gebruik, omrede die wetenskap die wyse moes uitvind waarvolgens die gene en senuwees werk; dat gene ’n spesie kan oriënteer, maar dat senuwees die verwantskap of assosiasie tussen oorsaak en gevolg moet kan verstaan.

Dus my tweede vraag aan Jeremy, vir Deel 3 van ons onderhoud, is hoe was ons bonobo-aapvoorouers in staat om samewerkend en liefdevol te word, wat soos jy gesê het, die bron van ons instinktiewe morele bewussyn of gewete moet wees wat, volgens Darwin, ons van die ander diere onderskei?

 

Jeremy: Ja, reg, hoe ons ons morele instinkte verwerf het is een van die grootste geheimenisse in die biologie. Die primatoloog Richard Wrangham het dit beskryf as ‘’n vraagstuk rakende die kern van die biologie wat sedert Darwin onopgelos bly (in ’n resensie van E.O. Wilson se 2019 boek Genesis: The Deep Origin of Societies). En Darwin self het dit erken as die ‘enkele spesiale probleem’ in verband met sy konsep van natuurlike seleksie (On The Origin of Species, 1859, bl.209 van 440). Die rede vir die ‘probleem’ – en dis wat ons in grondslagfase-biologie leer – is dat gene gewoonlik nie onvoorwaardelik onbaatsugtige, samewerkende eienskappe kan selekteer nie, om dié eenvoudige rede dat sulke eienskappe ’n selfuitskakelende neiging het en dus nie normaalweg in ’n spesie gevestig kan raak nie. Ek bedoel, ‘alte seker kan jy onbaatsugtig wees en jou gene vir my opoffer, maar ek is nie bereid om onbaatsugtig te wees en my gene vir jou op te offer nie’. Die proses van natuurlike seleksie skryf voor dat selfsugtige opportunisme vermoedelik altyd onbaatsugtigheid sal uitbuit, dus hoe kon ’n selfsugtige proses soos natuurlike seleksie in ons sulke liefdevolle onbaatsugtigheid tot stand gebring het?

Die antwoord is dat ons voorsate dit deur koestering behaal het.  Om te verduidelik wat so betekenisvol is oor ’n moeder se versorging of koestering van haar kinders moet ek eers uitwys dat ’n moeder se moederinstink selfsugtig is, aangesien sy die voortplanting van haar gene wil verseker deur die oorlewing van kinders wat haar gene dra. Moederinstink is dus ’n selfsugtige eienskap, want soos ek so pas gesê het, genetiese eienskappe moet só wees om te kan voortplant en in die volgende geslag te kan oorleef. MAAR, en dis allerbelangrik vanuit die baba se perspektief, moederinstink kom voor asof dit onselfsugtig is. Die kindjie word onvoorwaardelik en onbaatsugtig versorg – die moeder gee die kindjie kos, hitte, skuiling, ondersteuning en beskerming vir klaarblyklik niks in ruil daarvoor nie. Gevolglik, mits die kindjie vir ’n lang tydperk kind kan bly en met baie altruïstiese liefde behandel word, sal dit met daardie onselfsugtige liefde geïndoktrineer word en ook só optree soos dit grootword. ’n Kind kan dus uit ’n selfsugtige moederinstink altruïstiese liefde leer. (In Freedom Essay 21 op ons World Transformation Movement se webwerf, en in hoofstuk 5 van FREEDOM word hierdie ‘liefde-indoktrinasie’ proses, soos ons dit noem, meer volledig verduidelik.)

 

Craig: Wat jy dus sê is dat ’n moeder se koestering van haar kindjies eerstens geneties selfsugtig is, omdat dit die voortplanting van haar gene in haar nasate verseker, maar vir die kindjie kom dit soos onvoorwaardelike onselfsugtige liefde voor?

 

Jeremy: Ja, dis reg, en as ons aan die primate dink, wat in bome geleef het en van tak tot tak kon swaai, maar wat nou in staat is om half-regop te staan sodat hulle ’n afhanklike kleintjie in hul arms kan vashou, is dit duidelik dat dit hulle spesiaal bevorder om die moeder-kind-verhouding te handhaaf en te verleng en sodoende hierdie koesterende, liefdevolle samewerkende gedrag te ontwikkel.

 

Bonobo mother carrying infant
Bonobo mother carrying infant

Bonobo wyfies hou hul kleintjies vas

 

Bonobo’s, die aapspesie wat suid van die Congo Rivier in Afrika voorkom, is inderdaad van nature matriargaal of op die besonderse koesterende rol van die wyfies ingestel. Luisteraars kan aanlyn foto’s besigtig – en ek sal ’n paar in die transkripsie-boekie en die video van hierdie onderhoud insluit – foto’s wat toon hoe koesterend bonobo’s is; daar word gewys hoe bonobo wyfies hul toegewyde en onverdeelde aandag aan hul kleintjies gee!

 

Image of adult bonobo touching juvenile bonobo on chin
Image of the bonobo Lana balancing a juvenile bonobo on her feet

 

 

Image of an adult bonobo holding hands and ‘dancing’ with a juvenile bonobo
Male bonobo and infant (San Diego Zoo)

Frans Lanting/Mint Images/Getty Images; San Diego Zoo (Bottom Right)

Bonobo’s koester en versorg hul kleintjies

 

En as gevolg van al hierdie versorgende koestering is bonobo’s die mees samewerkende en liefdevol van alle primate, wat ook bewys word in hierdie wonderlike aanhalings wat ek vir u móét voorlees.

Die bonobo dieretuin bewaarder Barbara Bell skryf dat ‘Volwasse bonobo’s uitermate deernis vir mekaar demonstreer … Byvoorbeeld, Kitty, die oudste wyfie, is heeltemal blind en hardhorend. Soms raak sy verlore en verward. Hulle tel haar op en neem haar tot waar sy moet wees’ (‘The Bonobo: “Newest” apes are teaching us about ourselves’, Chicago Tribune, 11 Jun. 1998).

Primatoloog Sue Savage-Rumbaugh sê, ‘Bonobo’s se kleintjies is die middelpunt van hul lewens. Anders as wat die geval is met sjimpansees, help alle lede van die bonobo sosiale groep met versorging en voeding en hulle deel ook hul kos met die kleintjies. ’n Bonobo kleintjie kan niks verkeerd doen nie… Bonobo wyfies en hul kleintjies is die kern van die groep’ (Sue Savage-Rumbaugh & Roger Lewin, Kanzi: The Ape at the Brink of the Human Mind, 1994, bl.108 van 299).

Een van die vervaardigers van die Franse dokumentêre rolprent ‘Bonobos’ sê, ‘Hulle is sekerlik die mees fassinerende diere op die planeet. Hulle is die naaste verwante diere aan die mens [hulle deel bykans 99 persent van ons genetiese samestelling]…​Eenmaal is ek oor die kop geslaan toe ’n tak waarop ’n bonobo gesit het geval het. Ek het gaan sit en toe die bonobo opgelet hoe ek sukkel, het dit my hand gevat en my hare teruggetrek, soos dit maar hul gewoonte is. Hul lewens word dus op empatie of deernis gebaseer, en dis baie interessant om te ervaar’ (kort bygaande film oor die 2011 Franse dokumentêre rolprent ‘Bonobos’).

En bonobo navorser Vanessa Woods gee hier haar eie beskrywing van die bonobo se onbeperkte vermoë om lief te hê uit haar bestudering van hulle in hul tuiste in die Congo rivierkom:  ‘Bonobo liefde is soos ’n laserstraal. Hulle stop. Hulle staar jou aan asof hulle hul hele lewenslank daarop gewag het dat jy in hulle oerwoud gaan inloop. En dan is hulle met soveel hulpelose oorgawe vir jou lief dat jy hulle ook moet liefhê. Jy móét hulle ook net só liefhê.’ (‘A moment that changed me – my husband fell in love with a bonobo’, The Guardian, 1 Okt. 2015).

 

Craig: Sjoe, Jeremy, ek dink hierdie is ongelooflike aanhalings, regtig!

 

Jeremy: Ja, hulle is beslis ongelooflike aanhalings – en bonobo’s is ons naasverwantes. Soos reeds vermeld, deel hulle 99% van ons DNS. Ons kan dus sien dat bonobo’s afdoende bewys is van hoe ons oeraapvoorouers samewerkend en liefdevol geword het.

Ek het hier nog ’n foto van ’n groep bonobo’s wat op die gras in die woud rus, wat ek ook by die transkripsieboekie sal insluit, want dit stem volkome ooreen met die beskrywing wat Plato vroeër gegee het oor hoe mense die lewe in die ‘Goue Eeu’ van koesterende samesyn ervaar het. Plato het gesê: ‘En hulle het naak rondgeloop, en meestal in die buitelug gewoon, want die seisoenstemperature was matig; en hulle het nie beddens gehad nie, maar het op sagte kussings van gras gelê wat welig uit die grond gegroei het.’ Klaarblyklik het ons ’n volmaakte instinktiewe geheue (tensy ons dit wil ontken) van hoe die lewe voor die ‘val’ was, want Plato het nie eers geweet van die bestaan van bonobo’s nie, en tog het hy presies geweet hoe ons voor die ‘val’, nes bonobo’s, geleef het.

A group of bonobos at the Lola Ya Bonobo Sanctuary, Democratic Republic of Congo

Bonobo’s ontspan op die gras in die woud

 

Die volgende aanhaling is ’n bietjie lank, maar dis so ’n wonderlike, intuïtiewe herinnering van ons spesie se bestaan in ’n bonobo-soortige tyd in ’n vervreemdingsvrye, alles-sensitiewe en alles-liewende toestand van onskuld dat ek dit eenvoudig móét voorlees. Dit kom van die groot Russiese romanskrywer Fjodor Dostoéfski. Hy het geskryf oor ’n tydperk toe: ‘Die gras vol helder en welriekende blomme was. Voëls het in die lug in swerms gevlieg en sonder vrees op my skouers en arms gaan sit en my vrolik met hul oulike, fladderende vlerke geslaan. En toe het ek uiteindelik die mense van hierdie gelukkige land gesien en geleer ken. Hulle het vanself na my toe gekom, my omring, en my gesoen. Die kinders van die son, die kinders van hul son – o, hoe pragtig was hulle! …Hul stralende gesigte… hul woorde en stemme was vol kinderlike vreugde… Dit was die wêreld ongerep deur die Val: mense wat nie gesondig het nie het daarop gewoon … Hulle het na niks gewens nie en het in vrede geleef; hulle het nie na kennis van die lewe gestreef soos ons dit doen om dit te verstaan nie, omdat hul lewens vol was. Maar hulle het ’n hoër en dieper kennis gehad as ons s’n…maar ek kon nie hul kennis verstaan nie. Hulle het my hul bome gewys, en ek kon nie die intense liefde waarmee hulle die bome aanskou het begryp nie; dit was asof hulle met skepsels soos hulle self praat… en ek is oortuig daarvan dat die bome hulle ook verstaan het. Hulle het die ganse natuur só beskou – vir die diere wat in vrede saam met hulle gewoon het en hulle nie aangeval het nie, maar hulle lief gehad het, oorwin deur hul liefde…Daar was geen rusie, geen jaloesie onder hulle nie …want hulle was almal deel van een familie’ (The Dream of a Ridiculous Man, 1877).

Hierdie beskrywing van hoe hy ‘deur hul liefde oorwin is’ is soortgelyk aan die een wat ons so pas gehoor het van die bonobo navorser Vanessa Woods, toe sy gesê het die bonobo’s ‘met soveel hulpelose oorgawe vir jou lief (is) dat jy eenvoudig hulle ook moet liefhê. Jy moet hulle net so liefhê.’ Weer eens sien ons hoe akkuraat ons geheue is, mit ons dit nie ontken nie, van hoe die lewe voor ‘die Val’ was.

 

Fyodor Dostoevsky

Fjodor Dostoéfski (1821–1881)

Cover of Dostoevsky’s book The Dream of a Ridiculous Man

 

Craig: Dit is so ’n wonderlike aanhaling, dis net ongelooflik, baie dankie Jeremy. Ek is bly dat jy dit voorgelees het. Koestering ter verduideliking van ons morele instinkte is redelik ooglopend, en word onderskraag deur daardie aanhalings van bonobo gedrag en ook deur die foto’s van die bonobo’s, dus waarom het ek nooit tevore daarvan gehoor nie?

 

Jeremy: Net soos die ooglopende waarheid dat ons spesie eens samewerkend en liefdevol geleef het, was hierdie waarheid dat ons ons morele instinkte deur koestering verwerf het vir ons ondraaglik terwyl ons nie kon verduidelik waarom mense so woedend, egosentries en vervreemd was nie, en gevolglik die vermoë verloor het om vir ons kindjies met voldoende onvoorwaardelike onbaatsugtigheid of liefde te versorg en koester. Beide die waarheid van ons spesie se allesliewende en alles-sensitiewe, onskuldige verlede in Eden en die waarheid dat koestering ons menslik gemaak het, was ondraaglik terwyl ons nie in aller waarheid ons huidige uiters korrupte menslike toestand kon verklaar nie; en ook nie kon verklaar hoekom ons spesie so korrup geword het en die vermoë verloor het om die kindjies behoorlik te koester nie. Soos daar al gesê is, ‘ouers sal eerder erken dat hulle iemand met ’n byl vermoor het as om te erken dat hulle ’n slegte ma of pa is!’ (John Marsden, Sunday Life, The Sun-Herald, 7 Jul. 2002).

 

John Fiske photo

John Fiske (1842–1901)

John Fiske’s book

 

Trouens is hierdie redelike ooglopende verduideliking van koestering vir ons morele gewete vir die eerste keer in 1874 deur die Amerikaanse filosoof John Fiske voorgestel in sy boek Outlines of Cosmic Philosophy, net ’n paar jaar nadat Darwin sy teorie van natuurlike seleksie, uitgegee het. Terselfdertyd is Fiske se verduideliking eintlik erken as, en ek haal aan, ‘veel belangriker’ as ‘Darwin se beginsel van natuurlike seleksie’ en as ‘een van die mooiste bydraes wat al ooit tot die Evolusie van die Mens gemaak is’ (Dorothy Ross, G. Stanley Hall: The Psychologist as Prophet, 1972, bl.262 van 482). En Darwin self het aan Fiske geskryf en gesê, ‘Ek het nooit tevore in my lewe so ’n skitterende uitlêer (en dus denker) as u gelees nie’ (1874; Life and Letters of Charles Darwin, Vol. 2). Maar weer eens, hoewel ons nie die verlies van ons vermoë om ons kinders voldoende te koester kon verklaar nie, het hierdie ‘veel belangriker’ insig as ‘Darwin se beginsel van natuurlike seleksie’ begin kwyn en uiteindelik het dit heeltemal uit die diskoers oor biologie verdwyn!

Ek wil net daarop wys dat Darwin se verklaring vir die verskeidenheid van spesies deur natuurlike seleksie, my eie en Fiske se verduideliking van koestering vir ons morele instinkte, die instink-teenoor-intellek verklaring wat ek vir die menslike toestand aangevoer het, en die verduideliking wat ek in hoofstuk 7 van FREEDOM aanbied vir hoe ons as mense, anders as wat dit die geval met ander dierespesies was, ten volle bewus geword het – al hierdie redelike vanselfsprekende, ooglopende en eenvoudige verklarings staaf die bioloog Allan Savory se waarneming dat ‘wanneer die mensdom ooit voor ’n groot onoplosbare probleem te staan gekom het, was die antwoord wat uiteindelik daarvoor gevind is, nog altyd baie eenvoudig gewees’ (Holistic Resource Management, 1988, 1ste uitgawe, bl.3). Sien paragraaf 240 van FREEDOM.

 

Craig: Dankie, Jeremy. Dit is regtig ongelooflik om te leer hoe die wetenskap in ontkenning was van ons spesie se samewerkende en liefdevolle erfenis, asook die koesterende oorsprong van daardie samewerkende en liefdevolle siel. Maar dit maak regtig alles sin – ek bedoel, ons het beslis ’n behoefte gehad aan ’n verweer van ons gekorrupteerde toestand voordat ons die waarheid daaroor kon aanvaar.

Ek gesels met die Australiese bioloog Jeremy Griffith.

 

Deel 4

 

Hoe vind die sielkundige rehabilitasie van die mensdom werklik plaas wat eers by die ontstaan van ’n begrip van die menslike toestand uiteindelik moontlik word?

 

 

Craig: Hello en welkom terug by Deel 4 van die onderhoud. Ek is Craig Conway en saam met my is Jeremy Griffith, die bioloog wat so pas verduidelik het hoe mense ons morele instinkte verwerf het. Dit is ’n absoluut merkwaardige onderhoud, dié!

Om voort te gaan, Jeremy, wat sê jy in antwoord op my derde vraag vir hierdie finale Deel 4 van die onderhoud, naamlik, hoe vind ‘die sielkundige rehabilitasie van die mensdom’ plaas nadat daar by ons ’n begrip van die menslike toestand ontstaan het? Moet ons almal vir terapeutiese behandeling of so iets gaan?

 

Jeremy: Wat hierdie werklike – en eintlik baie vanselfsprekende – instink-teenoor-intellek verduideliking van die menslike toestand basies doen, is om die mensdom se ‘skuldlas’ te verlig. Dit stel vas dat mense eintlik goed en nie sleg is nie. Hoewel ons almal onvermydelik op verskeie maniere woedend, egosentries en vervreemd is as gevolg van ons verskillende belewenisse met die mensdom se heldhaftige stryd om kennis, selfkennis en begrip van ons gekorrupteerde toestand op te doen, weet ons nou dat elke mens fundamenteel, wesenlik goed is. En hierdie vermoë om te verstaan en te weet dat daar ’n goeie rede was hoekom die mensdom sielkundig ontsteld geword het, is die sleutel tot die verligte insig waarna ons op soek was sedert ons sowat 2 miljoen jaar gelede bewus geword het en ons gekorrupteerde toestand te voorskyn gekom het.

En dit is die sleutel wat verligting vir ons verstand bring – om uiteindelik te kan verstaan dat ons goed en nie sleg is nie bring die grootste sielkundige verligting. Die psigoanalis Carl Jung het eens gesê ‘heelheid vir mense is afhanklik van die vermoë om ons eie skaduwee te erken’ en aangesien ons nou die ‘skaduwee’ van ons spesie se 2-miljoenjarige gekorrupteerde toestand kan ‘erken’,  is die mensdom uiteindelik in ’n posisie om ‘heel’ te word. Die word ‘psigose’ beteken letterlik ‘sielsiekte’ en ‘psigiatrie’  beteken letterlik ‘sielgenesend’ (afgelei van psige wat ‘siel’, osis wat ‘abnormale staat of toestand’ en iatreia wat ‘genesend of helend’ beteken sien paragrawe 63 & 72 van FREEDOM), maar ons was nog nooit in staat om ons ‘siel te genees’ nie; om aan ons oorspronklike instinktiewe self of siel te verduidelik dat ons, ons ten volle bewuste denkende self, goed en nie sleg is nie, en daardeur ons gesplete self te versoen en te genees – maar nou kan ons dit uiteindelik wel doen.

 

Craig: Daar is ’n spreekwoord wat lui ‘Die waarheid sal julle vrymaak’, dus wat u dan sê, Jeremy, is dat die waarheid van ons fundamentele goedheid juis die waarheid is waaraan ons ’n behoefte gehad het om ons van die menslike toestand te bevry of ‘vry te maak’.

 

Jeremy: Presies, en terwyl dit vir ons verstand of gemoed die grootste en nodige verligting gebied het, is dit vanselfsprekend dat hoe meer ons daardie verligtende begrip of insig inneem, hoe meer genesende verligting dit aan elke aspek van ons ontstelde toestand bied – en om die onregverdige veroordeling as sleg of boos vir 2 miljoen jaar te moes verduur, beteken dat daar baie is om oor ontsteld te wees en wat dus genesing verg.

Om ’n idee te kry van hoeveel ontsteldheid tans in ons as mense heers, stel jou voor dat jy vir net een dag as sleg, selfs boos, veroordeel sou word. En dit terwyl jy intuïtief weet maar nie kan verduidelik nie dat jy die totale teenoorgestelde van boos, naamlik regtig wonderlik, goed en belangrik is – trouens dat jy nie net goed is nie, maar die held van die verhaal van lewe op Aarde! Dit sou jou diep seer en ook woedend gemaak het, nie waar nie? Ekstrapoleer nou daardie ervaring oor 2 miljoen jaar gelede en ons kan begin om te besef net hoeveel frustrasie en woede daar nou soos ’n vulkaan in mense se gemoedere moet wees! Hoewel ons geleer het om dit – die fenomenale omvang van die ontsteldheid in ons binneste – aansienlik in toom te hou en te verberg, of om ‘beskaafd’ op te tree, soos ons daarna verwys, is ons innerlik kwaad, en soms wanneer ons dit nie meer kan beteuel nie, moet daardie woede tot uiting kom – en vandaar die mens se vermoë om skokkende dade van geweld, sadisme, haat, moord en oorlog te pleeg.

 

A collage showing examples of the volcanic anger in humans: Nazi rally; skulls from Pol Pot regime; Ku Klux Klan; wartime execution

 

En dis g’n wonder dat ons so ’n ontwykende, ontkennende, leuenagtige, vermy-enige-kritiek, ontvlugtende, vervreemde, oppervlakkige en kunsmatige, gulsige, egosentriese, magsbehepte, faam-, fortuin- en gloriesoekende bestaan gevoer het. Ons moes onsself met materiële glorie oorweldig, solank dit ons aan die geestelike glorie van ’n medelyende begrip vir en van onsself ontbreek het.

 

Images showing: a winning sports team; a pile of money; a luxury sports car; and a lavish house

 

Daar is dus enorme ontsteldheid wat in ons mense tot bedaring moet kom en genees moet word, en dit sal klaarblyklik tyd vereis. Ons moet inderdaad verwag dat dit ’n aantal geslagte sal duur voor dit ten volle verbeter word. Maar die goeie nuus – en dis baie belangrik – is dat hoewel dit ’n hele paar geslagte sal neem om al die ontsteldheid in ons mense te genees, kan almal onmiddellik ’n lewe vry van ontsteldheid lewe. Die rede hoekom ons bevry kan wees daarvan, is as volg: toe ons nie oor die werklike verdediging en versterking van begrip van ons gekorrupteerde toestand beskik het nie, het ons beslis ’n behoefte gehad aan die kunsmatige verdedigings en versterkings om daarmee enige kritiek daarvan aan te val, om dit te ontken en uit te skakel, en om enige positiewe, versterking te vind wat ons kon – dit was die woede, vervreemding en egosentrisiteit wat ons aan die gang gehou het. Maar aangesien ons nou die werklike verdediging en versterking van ons fundamentele goedheid het, is al hierdie kunsmatige verweer en versterking uitgedien en onnodig. Inderdaad, dit is nie net nutteloos nie, maar ook onnodig afbrekend van onsself, van almal om ons en ons planeet, om voort te gaan om die ou kunsmatige verweer van weerwraak, ontkenning en die soektog na verligting van mag, faam, fortuin en glorie te gebruik terwyl ons fundamentele goedheid reeds bevestig is. Daardie lewenswyse is nou totaal uitgedien en verby.

 

Craig: Dit maak totale sin; ek bedoel dat ons uitgediende, kunsmatige deur werklike metodes van selfversterking vervang word. Een lewenswyse kom tot ’n einde, ’n nuwe een begin, bevry van die menslike toestand – sjoe, dank God daarvoor!!

 

Jeremy: Dis seker! Daar’s nog net een ding wat ek moet verduidelik, en dit is dat sosialisme, die New Age-beweging, die polities-korrekte beweging, en al die ander idealistiese bewegings, was eintlik almal ’n verkeerde begin na die menslike-toestandsvrye wêreld, aangesien die ontstellende stryd om kennis, uiteindelik selfkennis, ’n begrip van hoekom ons goed en nie sleg is nie, steeds voltooi moes word. Inderdaad was dit baie moeilik om samewerkende en liefdevolle idealisme op ons ontstellende soektog na kennis op te lê, terwyl ons steeds die soektog moes voortsit, en dit het die taak uiters bemoeilik. Hierdie bewegings was almal pseudo-idealistiese bewegings wat die soektog na kennis onderdruk en verdruk het; hulle was regressief en nie soos hulle hulleself wysgemaak het progressief nie. Dit was eintlik die regsgesindes wat die ontstellende strewe na kennis ondersteun het, wat die morele hoë grond behou het, en nie die pseudo-idealististiese linksgesindes nie.

Maar hierdie situasie verander nou heeltemal sedert ons die bevrydende begrip van ons toestand gevind het wat die doelwit van ons ontstellende stryd was. Skielik is dit nie meer verdrukkend en vernietigend pseudo-idealisties om die korrupterende soektog na kennis te verlaat en om samewerkende en liefdevolle idealisme te ondersteun nie. Dis nou die enigste lewenswyse wat regverdig is! Skielik is daar nie meer enige bestaansrede vir regsgesindes in die politiek nie en almal word effektief linksgesindes. Inderdaad, die hele politiekery eindig basies by die ontstaan van ’n begrip van die menslike toestand, en die hele mensdom gaan as een verenigde organisme te werk en los die woedende, egosentriese en vervreemde dele van onsself en ondersteun samewerkende, onbaatsugtige en liefdevolle idealisme. (Meer oor pseudo-idealisme word verduidelik in Video/F. Essay 14 op die World Transformation Movement se webwerf.)

 

Image of clashing fists with arrow to cleanching hands

 

Craig: Ja, beëindiging van die gepolariseerde wêreld van die politiek sal seker een van die grootste verligtings ooit denkbaar wees!

 

Jeremy: Beslis, Craig. Dit sal ’n groot verligting wees.

Dis hoe die hele wêreld skielik, onmiddellik verander van ’n sielkundig-slaggerede, woedende, egosentriese en vervreemde toestand na ’n wêreld waar almal besluit het om hul mededingende en aggressiewe gedrag wat nog genees moet word te staak en ’n samewerkende en liefdevolle bestaan te ondersteun.

Dus om ’n begrip van die menslike toestand te vind bring ’n einde aan die onsekere, ontstelde, kunsmatige-versterkingsafhanklike woedende, egosentriese en vervreemde wêreld. ’n Nuwe menslike-toestandsopgeloste, samewerkende, onselfsugtige en liefdevolle wêreld tree na vore. Lig straal in die donker dieptes van ontkenning waarin ons geleef het in, en dit sal wees asof ons uit ’n nagmerrie ontwaak!

 

Computer graphic of people greeting the rising sun with outstretched arms

 

Basies, met die vermoë om onsself te verstaan, kan ons na ons oorspronklike samewerkende en liefdevolle toestand terugkeer, maar hierdie keer sal ons ten volle bewus wees. Soos die digter T.S. Eliot dit in die vooruitsig gestel het, ‘Ons sal nie ophou om te verken nie en die einde van al ons verkenning sal wees om aan te kom waar ons begin het en die plek vir die eerste keer te ken’ (Little Gidding, 1942).

 

Craig: Sjoe, Jeremy, dit was absoluut ongelooflik, insiggewend en opwindend gewees, en ek kan jou regtig nie genoeg bedank nie dat jy jou kennis en insig met ons gedeel het. Om te dink dat die mensdom net betyds omskep is, is, na my mening, iets waarop al die luisteraars daarbuite gehoop het.

En jou boek FREEDOM, weer eens, is by HumanCondition.com vir almal toeganklik en daar ook gratis beskikbaar. Dus wil ek luisteraars aanraai om hierdie onderhoud op te volg deur herhaaldelik daarna te luister, probeer jul bes om te verstaan wat Jeremy hier sê, maar gaan soek ook die inligting aanlyn, en hou aan om te studeer, en laat ons hoop dat ons almal ’n nuwe verandering vir die wêreld kan geniet en aanneem, ter wille van ons almal.

Jeremy, dit was wonderlik om met jou te gesels. Dankie dat jy by ons aangesluit het, en ons hoop om weer met jou te praat – maar beter as dit, hoop ons om jou werk ook in die lewens van almal regoor die planeet baie gou raak te sien.

Ek is Craig Conway, en dit bring my aan die einde van my onderhoud met Jeremy Griffith.

 

EINDE VAN ONDERHOUD

 

Genevieve Salter: Moenie vergeet nie, luisteraars, julle kan almal meer oor hierdie wonderlike, wêreldreddende deurbraak-begrip van die menslike toestand by HumanCondition.com leer!

En ek wil net noem dat wat julle ná hierdie onderhoud ook daar sal sien is ’n reeks videos wat uitwy op inhoud wat in die onderhoud net aangeraak is. Daar sal dus herhaling van inhoud wees, maar dit sal julle help om die idees in meer besonderhede deur te gaan, om hulle te verstaan en te verwerk.

In die eerste van daardie videos waarsku Jeremy ons van ons historiese vrees vir die onderwerp van die menslike toestand en die ‘horende-doof’reaksie wat dit aanvanklik by ons uitlok as ons enigiets oor die menslike toestand hoor of lees.

 

Besoek www.humancondition.com om die video van hierdie onderhoud te besigtig, asook die reeks inleidende videos waarna Genevieve verwys het.

 

This Blog Post was written by wpapi on September 26, 2020

LEAVE A COMMENT





Please note, we encourage constructive discussion about this information and so reserve the right to moderate or decline posts that we feel are not relevant or inappropriate. In particular, with the subject of the human condition being so confronting, malice can easily occur, and where comments are deemed to be motivated not by objectivity but by malice, they will be declined. It has to be appreciated that the possibility of malice toward this subject matter is very real, and we have a responsibility to manage that as best we can.