• The World Transformation Movement
  • World Transformation Movement™

    www.HumanCondition.com

Home Publikasies Vryheid Opstelle Vryheid Opstel 3 | DIE VERDUIDELIKING van die menslike toestand
Kijk/lees hieronder, Video downloaden, Audio, PDF, Afdrukken, Vertalingen, Deel, Commentaar, Zoeken
Kies optie
  • Download het videobestand:

    Videobestand (mp4)

  • Download of beluister de audio:

    Audiobestand (mp3) Luister op de website

  • Print je eigen exemplaar:

    A4 PDF

  • PDF downloaden:

    A4 PDF

  • Zie vertalingen:

    Engels Frans Nederlands Duits

  • Deel deze pagina:
  • Kommentieren:

    Opmerkingen maken en bekijken

Neem asseblief kennis dat skakels na al die Vryheid Opstelle aan die einde van hierdie opstel ingesluit is. Maak enige opstel oop om te lees, druk, aflaai, deel of luister (as ‘n oudio)

 

 

Freedom Opstel 3

 

Die verduideliking van die menslike toestand

 

Deur Jeremy Griffith, 2016-2018

 

In hierdie kort 14 minute video, skets bioloog Jeremy Griffith sy allerbelangrike, mens-spesie-transformerende, wêreldreddende deurbraak-verduideliking van die menslike toestand!

Dus, as jy nog nie hierdie inleiding tot die belangrikste ‘instink vs intellek’ verduideliking van die menslike toestand gekyk het nie, versoek ons jou om dit nou te kyk:

 

 

Hierdie aanbieding verskyn ook as Video 3 in die Hoofvideo’s bo-aan ons tuisblad by www.humancondition.com.

 

Die transkripsie van hierdie video

 

Inleiding

Ek is Jeremy Griffith. Vir die afgelope 40 jaar het ek my loopbaan as bioloog, daaraan gewy om die menslike toestand te verstaan en te verduidelik. Ons fisiologie het ons gedrag aangedryf wat wissel van ongelooflike liefdesdade, tot ondenkbare geweld en afgryse. Maar ons kan uiteindelik die wetenskaplike verduideliking verskaf waarom dit so is, en deur daardie begrip van die menslike toestand kan ons onsself bevry van al die skuldgevoelens en onsekerheid, en op sy beurt onsself en die wêreld transformeer. In hierdie kort video sal ek die kern verduideliking van die menslike toestand aanbied en verduidelik waarom ander tot nou toe nie daarin geslaag het om ware oplossings te bied nie. Ek sal jou help voorberei vir die konfronterende realiteite en gevolglike transformasie wat, wonderlik, al die lyding en konflik in die wêreld sal beëindig.

 

Deel 1 Die Grot

Die beroemde filosoof Plato was van die eerstes wat die menslike toestand verken het en meer as 2 000 jaar later is sy geskrifte steeds relevant. Plato het die idee na vore gebring dat die hele mensdom in ‘n grot woon en wegkruip vir die waarheid wat die menslike toestand is. In sy analogie is die vuur wat die uitgang van die grot blokkeer, die versengende pynlike lig van die waarheid—’n lig wat ons natuurlik vrees omdat dit die ondraaglike onvolmaakthede van die menslike lewe sigbaar maak. So skuil ons dieper en dieper binne die donkerte van die grot.

 

Graphic of humans escaping a dark cave and running towards a glorious sunrise with arms outstretched in joy and celebration

 

Hierdie analogie is die perfekte voorstelling van die menslike toestand. Dit wys dat waarheid net buite die grot kan bestaan, maar aangesien ons hele bestaan beskut binne deurgebring is, sal jy oral waar jy kyk, niks anders as ‘n groot berg leuens vind nie – vasberade pogings om die bestaan van die menslike toestand te ontken en te ontduik. In plaas van waarheid, is valse biologiese verskonings (soos dat ons slagoffers is van woeste diere-instinkte in ons binneste) en ongegronde, voel-goed verduidelikings aangedryf, elk met sy eie bybedoeling. [Vir meer oor Plato se grot-analogie, sien Video/​Vryheid Opstel 11.]

 

Deel 2 Adam die Ooievaar

So wat is die menslike toestand en hoe moet ons dit eerlik verduidelik en oplos?

Basies, toe ons mense sowat 2 miljoen jaar gelede ‘n bewuste verstand ontwikkel het, het ‘n stryd onvermydelik ontwikkel tussen dit en ons reeds gevestigde instinkte. Die gevolg van hierdie konflik tussen ons instink en intellek was dat ons sielkundig defensief, kwaad, vervreemd en egosentries geword het—die ontstelde toestand waarna ons verwys as die menslike toestand. Maar noudat ons hierdie konflik kan verduidelik en verstaan, is al daardie onsekere, defensiewe gedrag uitgedien, tot ‘n einde gebring, en bevry ons onsself van die menslike toestand.

Die maklikste manier om hierdie tragiese konflik binne ons en die oplossing daarvan te verstaan, is om ons situasie op ‘n ander spesie toe te pas.

Stel jou ‘n ooievaar voor: ons sal hom Adam noem. Elke somer migreer Adam instinktief saam met die ander ooievaars noord om te broei. Aangesien hy geen bewuste verstand het nie, dink hy nie oor of bevraagteken sy gedrag nie, hy volg net wat sy instinkte vir hom sê om te doen.

 

Adam Stork Story - 1. Storks flying before Adam became conscious

 

Maar wat as ons vir Adam ‘n groot brein gee wat in staat is om bewustelik te dink? Hy sal vir homself begin dink, maar baie van sy nuwe idees sal nie ooreenstem met sy instinkte nie. Byvoorbeeld, terwyl Adam saam met die ander ooievaars Noord migreer, sien hy ‘n eiland vol appelbome. Hy neem ‘n bewuste besluit om van sy trekpad af te gaan en die eiland te verken. Dit is sy eerste groot eksperiment in self aanpassing of self bestuur.

 

Adam Stork Story - 2. Storks flying as Adam becomes conscious

                    Drawing by Jeremy Griffith © 1991-2016 Fedmex Pty Ltd

Adam Stork Story - 3. Conscious Adam sees an island

                    Drawing by Jeremy Griffith © 1991-2016 Fedmex Pty Ltd

 

The Story of Adam Stork - 4. Disobedient Adam

                    Drawing by Jeremy Griffith © 1991-2016 Fedmex Pty Ltd

 

Maar wanneer Adam se instinkte besef hy het afgedwaal, kritiseer hulle sy deprogrammeerde gedrag en probeer hom dogmaties terugtrek op sy oorspronklike koers. In werklikheid, veroordeel sy instinkte hom as sleg.

 

Adam Stork Story - 5. Conscious Adam gets criticised

 

Stel jou voor die onrus wat Adam sal ervaar omdat hy nie net kan teruggaan en bloot sy instinkte volg nie; sy instinktiewe oriëntasies op die migrerende vlug pad is oor duisende generasies van natuurlike seleksie verkry, maar daardie oriëntasies is nie begrip nie. Aangesien sy bewuste verstand begrip deur eksperimentering vereis, breek daar onvermydelik ‘n oorlog uit met sy instinkte.

Ideaal gesproke, sou Adam se bewuste verstand nou gaan sit en aan sy instinkte verduidelik hoekom hy uittartend optree. Hy sou verduidelik dat die geen gebaseerde, natuurlike seleksie proses slegs instinktiewe oriëntasies aan spesies in die wêreld gee, terwyl sy senuwee-gebaseerde, bewuste verstand, wat in staat is om sin te maak van oorsaak en gevolg, begrip van die wêreld nodig het om te funksioneer.

 

Adam Stork Story - 6. Conscious Adam’s talk with his instincts

 

Maar Adam het nie hierdie selfbegrip nie. Hy het nou eers sy soektog na kennis begin. Trouens, hy is nie eers bewus van wat die probleem eintlik is nie. Hy het eenvoudig begin voel dat hy sleg is, selfs boos.

So, tragies, terwyl ons na begrip soek, het drie dinge onvermydelik gebeur. Uit verdediging slaan Adam terug teen die kritiek, hy probeer dit ontken en uit sy kop kry, en hy soek desperaat enige versterking wat hy kan vind om homself van die negatiewe gevoelens te verlos. Hy het kwaad, vervreemd en egosentries geword, ‘n sielkundig ontstelde toestand wat ons die menslike toestand noem.

Adam se intellek of ‘ego’ (wat net ‘n ander woord vir die intellek is aangesien die Concise Oxford Dictionary ‘ego’ definieer as ‘die bewuste denkende self’ (5de uitg, 1964)) het ‘gesentreerd’ geword en gefokus op die behoefte om homself te regverdig—Adam het ego-sentries geword, selfsugtig besig om aggressief mee te ding vir geleenthede om te bewys dat hy goed is en nie sleg nie, om sy waarde te bevestig, om ‘n ‘wen’ te kry; om in wese enige positiewe versterking uit te haal wat hom ‘n mate van verligting van kritiek en ‘n gevoel van waarde sou bring. Hy het onvermydelik self behep of selfsugtig, aggressief en mededingend geword.

 

Angry and egocentric Adam Stork in conflict with and blocking out the criticism from his is instinctive self

 

Basies sielkundige ontsteltenis, was die prys wat ons bewuste mense moes betaal vir ons heldhaftige soeke na begrip. In die woorde van die liedjie “The Impossible Dream” uit die musiekblyspel “The Man of La Mancha”, moes ons voorbereid wees om ‘vir ‘n hemelse saak na die hel te marsjeer’ [lirieke deur Joe Darion, 1965]. Ons moes onsself verloor om onsself te vind; ons moes ly deur kwaad, vervreemd en egosentries te word, totdat ons voldoende kennis gevind het om onsself te verduidelik.

Die Bybelse verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden, beskryf die primêre situasie akkuraat oor die menslike toestand van ‘n sielkundige ontstellende stryd wat ontstaan het tussen ons instinkte en ons bewuste intellek se soeke na kennis. Dit sê Adam en Eva/​ons het die ‘vrug’ (Genesis 3:3) ‘van die boom van kennis’ (Gen. 2:9, 17) geneem en was ‘ongehoorsaam’ (die term wat wyd gebruik word in beskrywings van Gen. 3) ). Met ander woorde, ons het ‘n bewuste verstand en vrye wil ontwikkel. Maar in daardie voorwetenskaplike verhaal sê dit dat Adam en Eva sonde gepleeg het (Gen. 4:7) en as gevolg daarvan ‘uit die tuin van Eden verban is’ (Gen. 3:23). Die toestand van ons spesie se oorspronklike onskuld omdat dit ‘boos’ geword het (Gen. 3:22), terwyl hierdie wetenskaplike aanbieding sê: ‘Nee, nee, die storie het dit verkeerd gehad’.

 

A painting depicting Adam and Eve standing naked below the tree of knowledge eating the forbidden apple

Adam and Eva
deur Lucas Cranach the Elder (1526)

A color lithograph depicting the angel Jophiel banishing Adam and Eve from paradise, the Garden of Eden

Adam and Eva uit die paradys gewerp, uit Ou Testamentiese
Verhale.
pub. Society for Promoting Christian Knowledge,
London (c.1880)

 

Adam en Eva is eintlik die helde van die hele verhaal van lewe op Aarde, want die bewuste verstand is sekerlik die natuur se grootste uitvinding en om die taak te kry om na begrip te soek terwyl die hele wêreld se veroordeling van jou, die taaiste en moeilikste van take was—want die veroordeling was universeel. Al die ander onskuldige ooievaars veroordeel die soeke na kennis, en aangesien die hele natuur, die reën, die wolke, die bome, ander diere, alles geassosieer word met ons oorspronklike instinktiewe self, het die hele wêreld in werklikheid teen Adam en Eva saamgesnoer. d.w.s. ons mense—en tog was ons heeltyd goed en nie sleg nie, maar ons kon nie verduidelik hoekom nie, maar nou kan ons uiteindelik.

Ons spesie leef al vir sowat 2 miljoen jaar met die menslike toestand—die waarskynlike tyd wat ons bewus was – en dit het geweldige moed geverg om die meedoënlose kritiek van ons instinkte te weerstaan. Maar uiteindelik laat die kennis wat die wetenskap aan ons gegee het, van die verskil tussen instinktiewe oriëntasies en bewuste begrip, ons verduidelik dat ons nie hierdie kritiek verdien het nie—dat ons bewuste mense tog goed en nie sleg is nie.

En noudat ons deur die wetenskaplike eerste beginsels kan verstaan dat ontsteltenis nie ‘n ‘bose’, waardelose, slegte toestand is nie, maar ‘n uiters heldhaftige toestand, kan ons weet dat terwyl, onvermydelik, alle mense op verskillende maniere ontsteld is oor hul verskillende raakvlakke met, en grade van betrokkenheid by, die mensdom se epiese soeke om kennis te vind, uiteindelik vir selfkennis, die begrip van die menslike toestand, ALLE MENSE EWE GOED IS. Almal is op verskillende maniere kwaad, egosentries en vervreemd, maar almal is goed, en nie net goed nie, maar ‘n held van die verhaal van lewe op aarde! Ons hoef dus nie meer op dogmatiese bewerings staat te maak dat ‘alle mense gelyk geskape is’ bloot op grond daarvan dat dit ‘n ‘vanselfsprekende’ waarheid is, soos die Verenigde State se onafhanklikheidsverklaring beweer, want ons kan nou verduidelik, verstaan en weet dat die gelykheid van goedheid van alle mense ‘n fundamentele waarheid is. Ons kan nou verstaan hoekom almal ewe waardig is, en dat niemand meerderwaardig of minderwaardig is nie. Inderdaad, deur hierdie begrip verdwyn die hele konsep van goed en sleg uit ons konseptualisering van onsself.

Ja, en die beste van alles, deur hierdie verhelderende insig, IS al ons sielkundig defensiewe woedende, vervreemde en egosentriese gedrag – wat beide onsself en ons wêreld vernietig het – uitgedien, en oorbodig gemaak. Ons is verlos. Die groot skuldlas is van die mensdom gelig, en daardie ou onsekere, ontstelde lewe wat daarmee saamgegaan het, is verby—wat beteken ons beweeg van die lewe met die trauma van die menslike toestand na om vry daarvan te leef. Jy kan sê dat ons op die nippertjie van tyd die wedloop tussen selfvernietiging en selfbegrip gewen het!

 

Angry embattled Adam Stork transforming to happy liberated Adam Stork

 

Ek wil noem dat daar deur die geskiedenis heen baie denkers was wat soos Moses in sy Tuin van Eden-verhaal, besef het dat ons sielkundig ontstelde menslike toestand die gevolg is van ons mense wat bewus geraak het en in stryd is met ons spesie se besondere samewerkende en liefdevolle, Edeniese, morele instinkte, maar soos ek gesê het, dit was eers toe die wetenskap die verskil tussen instinktiewe oriëntasies en bewuste begrip onthul het, dat ons uiteindelik in ‘n posisie was om te verduidelik dat mense eintlik goed en nie sleg is nie. Die instink versus bewuste intellek verduideliking van die menslike toestand is eintlik baie voor die hand liggend, en dit wys net hoe verkeerd en absurd die ou verskoning is dat ‘ons mededingend en aggressief is omdat ons woeste dierlike instinkte het’! Ek bied ‘n kort geskiedenis van die vele denkers wat die ware ‘instink versus intellek’-elemente betrokke by die menslike toestand erken het in die volgende Video/​V. Opstel 4. Jy kan ook ‘n gedetailleerde verduideliking van wat instinkte en bewussyn eintlik is in paragrawe 247–248 van VRYHEID lees.

 

Deel 3 Hantering

Terwyl jy deur hierdie materiaal werk, verwag om ‘n paar uiters konfronterende openbarings te vind. Daar kan tye wees waar jy dalk voel dat dit makliker is om terug te gaan en die menslike toestand te ontken eerder as om dit in die gesig te staar. As ‘n spesie skuil ons al so lank in Plato se donker grot van ontkenning en ontduiking dat wanneer die blindings skielik oop gemaak word en ons die bevrydende verduideliking van ons toestand sien, kan daardie onthullende lig oorweldigend wees wanneer al die oneerlikheid en verskriklike waarhede van die mensdom op een slag blootgelê word.

Maar daar is ‘n geweldige verligtende en maklike manier om die koms van hierdie bevrydende begrip te hanteer. Soos beklemtoon, sodra ons weet dat ons woedende, vervreemde en egosentriese toestand uiteindelik verduidelik en verdedig is, is dit nie meer nodig om voort te gaan om dit voort te sit nie. Trouens, met hierdie kennis in plek sou dit onverantwoordelik wees om op daardie ou pad voort te gaan. Daar wag ‘n onbelaste lewe vir ons almal buite die grot in die warm, verligtende sonlig, vry van die menslike toestand. [Lees meer oor hoe almal se lewens onmiddellik getransformeer kan word in ons “Transformation Page” ,en hoe om die onvermydelike skok van verandering wat die koms van begrip van die menslike toestand meebring, te bestuur in die boekie “The Shock of Change”]

 

Graphic of humans escaping a dark cave and running towards a glorious sunrise with arms outstretched in joy and celebration

 

Deel 4 Vryheid

Noudat jy ‘n effens beter begrip het van die menslike toestand en wat om te verwag, moedig ek jou aan om voort te gaan met jou verwerking van hierdie verduideliking. Alles wat jy moet weet is in my boek VRYHEID en die opsomming, Transform Your Life And Save The World (Transformeer jou lewe en red die wêreld), wat jy albei gratis kan aflaai vanaf die webwerf (www.humancondition.com), of by boekwinkels soos Amazon kan koop. Ons het ook die World Transformation Movement gestig, ‘n nie-winsgewende organisasie wat gratis ondersteuning, konteks en gemeenskap vir almal bied. Die menslike toestand het onnoembare lyding veroorsaak en ons as ‘n spesie vir miljoene jare teruggehou. Dit is tyd om ons krag terug te neem en te begin leef volgens ons spesie se wonderlike werklike potensiaal—en ons wêreld te transformeer.

 

– – – – – – – – – – – – – – – – – –

Die aanbevole inleiding tot die biologiese verduideliking van die menslike toestand is THE Interview (DIE Onderhoud), en vir verdere lees, beveel ons aan chapter 3 of VRYHEID.

 

Ook, V. Opstel 53: The instinct vs intellect is the obvious and real explanation of the human condition, as all these great thinkers evidence (waarvan ‘n opsomming volgende verskyn in Video/V. Opstel 4) demonstreer hoe duidelik die instink vs intellek elemente van die menslike toestand is wanneer iemand bereid is om eerlik en waarheidsgebasseer oor die onderwerp te dink.

Ook die vermoë om op ‘n nie-veroordelende, nie-verdoemende-van-ontstelde, nie-bevooroordeelde manier die verskille in ontsteltenis tussen individue, geslagte, ouderdomme, generasies, rasse (etniese groepe), lande, beskawings en kulture te erken omdat ons nou kan verstaan dat ontsteltenis nie ‘n slegte, minderwaardige, onwaardige staat is nie, maar ‘n uiters heldhaftige toestand, word volledig verduidelik en beskryf in V. Opstel 28 en in chapter 8:16E of VRYHEID.

 

Discussion or comment on this essay is welcomed—see below.

 

 

Please Note, if you are online you can read, print, download or listen to (as a podcast) THE Interview, The Great Guilt, The Great Transformation, Sermon On The Beach or any of the following Freedom Essays by clicking on them, or you can find them all at www.humancondition.com.

 

INTRODUCTION TO THE EXPLANATION & RESOLUTION OF THE HUMAN CONDITION: THE Interview That Solves The Human Condition And Saves The World! | The Great Guilt that causes the Deaf Effect | The Great Transformation: How understanding the human condition actually transforms the human race | Sermon On The Beach | Freedom Essay 1 Your block to the most wonderful of all gifts | 2 The false ‘savage instincts’ excuse | 3 THE EXPLANATION of the human condition | 4 The ‘instinct vs intellect’ explanation is obvious – short | 5 The transformation of the human race | 6 Wonderfully illuminating interview | 7 Praise from Prof. Prosen | 8 “How this ends racism forever” | 9 “This is the real liberation of women” | 10 What exactly is the human condition? | 11 The difficulty of reading FREEDOM and the solution | 12 One hour summarising talk | 13 The WTM Deaf Effect Course | 14 Dishonest biology leads to human extinction | 15 How your life can immediately be transformed | 16 The Shock Of Change | THE BOOKS: 17 Commendations & WTM Centres | 18 FREEDOM chapter synopses | 19 FREEDOM’s significance by Prof. Prosen | 20 The genius of Transform Your Life | THE OTHER KEY BIOLOGICAL EXPLANATIONS: 21 How did we humans acquire our altruistic moral conscience? | 22 Fossil discoveries evidence our nurtured origins | 23 Integrative Meaning or ‘God’ | 24 How did consciousness emerge in humans? | 25 The truthful biology of life | • Survey seeking feedback | MEN & WOMEN RECONCILED: 26 Men and women reconciled | 27 Human sex and relationships explained | THE END OF RACISM: 28 The end of racism | 29 Can conflict ever end? | RESIGNATION: 30 Resignation | 31 Wordsworth’s all-revealing great poem | MORE ON THE TRANSFORMATION: 32 More on the Transformation | 33 Jeremy on how to become transformed | THE END OF POLITICS: 34 This understanding ends the polarised world of politics | 35 Death by Dogma left-wing threat | 36 Saving Western civilisation from left-wing dogma | 37 The meaning of superhero and disaster films | RELIGION DECIPHERED: 38 Noah’s Ark explained | 39 Christ explained | 40 Judgment Day finally explained | 41 Science’s scorn of religion | MEANING OF ART & CULTURE: 42 Cave paintings | 43 Ceremonial masks explained | 44 Art makes the invisible visible | • Second survey seeking feedback | 45 Prophetic songs | 46 Anne Frank’s faith in human goodness fulfilled | 47 Humour and swearing explained | 48 R.D. Laing’s fearless honesty | ABOUT BIOLOGIST JEREMY GRIFFITH: 49 Jeremy’s biography | 50 Australia’s role | 51 Sir Laurens van der Post’s fabulous vision | 52 Jeremy’s children’s book A Perfect Life | 53 The ‘instinct vs intellect’ explanation is obvious – long | 54 The accusation of hubris | DO WE FAIL OR DO WE MAKE IT? 55 Endgame for the human race | 56 Why there have been ferocious attacks on the WTM | 57 Magnificence of the Transformed State – video 1 | 58 Magnificence of the Transformed State – video 2 | MARKETING: 59 Shouldn’t the WTM’s website be toned down? | 60 The crime of ‘ships at sea’ ‘pocketing the win’ | GENERAL DISCUSSIONS BY JEREMY: 61 General Discussion by Jeremy Aug. 2018 | 62 Jeremy’s Masterpiece Presentation Feb. 2019 | HEALTH & HEALING: 63 Pseudo therapy/healing | 64 Real therapy/healing | From here on are Transformation Affirmations and More Good Info Emails

 

LEAVE A COMMENT

2000 characters left

By clicking ‘Submit’ you confirm that you have read, understood and accept the WTM’s Terms of Use and Privacy Policy. The WTM will only contact you in relation to this enquiry and will manage all personal information in accordance with its Privacy Policy.

Click here to cancel reply.
Loading Gear

Please note, to ensure constructive discussion we moderate comments (which may take some hours) and may not publish any we feel are motivated by malice, or that make criticisms already addressed and repudiated, or ask questions already prominently answered on our comprehensive website with its many freely available books, essays and FAQs that can be easily searched electronically. Read our Community Guidelines here.

This is a scientific pursuit and was not created for profit. For this reason, all information and materials are provided free of charge.

Share this page
Print this page

Copyright © Fedmex Pty Ltd (ACN 096 099 286) 1998-2024 | All rights reserved | View our Terms of use, Privacy policy, or cookie policy | Media Enquiries

Contact
x
Contact Us
    • Website: www.HumanCondition.com
    • Email: [email protected]
    • Phone: + 61 (0)2 9279 4060

    The WTM is represented by two registered charities, one in Sydney, Australia, and another in New York, USA, and by WTM Centres around the world – see WTM Organisations page and WTM Centres page.

    For general enquiries or feedback:

  • By clicking ‘send’ you confirm that you have read, understood and accept the WTM’s Terms of Use and Privacy Policy. The WTM will only contact you in relation to this enquiry and will manage all personal information in accordance with its Privacy Policy.

  • This field is hidden when viewing the form

Please note, because we are a charity with limited resources, we may not respond to questions or criticisms already prominently answered on our comprehensive website with its many freely available books, essays and FAQs that can be easily searched electronically.

  • Subscribe To The
    WTM Mailing List

    and receive notifications of live events, one free essay by Jeremy Griffith each week, and rare news flashes. I understand I can opt out any time (Privacy Policy).

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

x World Transformation Movement Logo
  • HOME
  • CONTACT
  • SEARCH
  • Resolution of the human condition

  • Books by Jeremy Griffith
  • Translations
  • Videos
  • Essays
  • Live Events
  • FAQs
  • Commendations
  • Publicity
  • About the WTM

  • The WTM
  • The Transformation
  • Jeremy Griffith
  • How To Help
  • Media Facility
  • WTM Centres
  • Community
  • Members
  • Join Mailing List
  • Join Facebook Group
  • Other Social Media
  • Helpful tools

  • Contact Us
  • WTM App
  • Share
  • Search
  • Print
  • Donate
  • Products
    • Share this page

    • Print this page

      A4 PDF
  • Visit the WTM Social Media

This website uses cookies

We use cookies and other tracking technologies to improve your browsing experience on our website, to show you personalized content and targeted ads, to analyze our website traffic, and to understand where our visitors are coming from. You can change your preferences at any time by visiting our Cookie policy page.

Accept cookies Cookie options
Print This Page

Note, our pages have a specific layout that can only be printed in PDF, just choose your preferred PDF paper size:

A4 PDF

For more info see PDF Help and Troubleshooting

HumanCondition.com Search Results

    Filter results by specific document type:

    Entire Website
    • Entire Website
    • Books by Jeremy Griffith
    • Freedom Essays
    • FAQs
    • Video & Audio Transcripts
    • Blog
    • PDFs
    • Images

    Filter search results for specific books

    • THE Interview
    • The Great Guilt
    • FREEDOM
    • The Great Transformation
    • Sermon On The Beach
    • Transform Your Life
    • Death by Dogma
    • Our Meaning
    • The Shock Of Change
    • Therapy For The Human Condition
    • AI & Aliens
    • Freedom Expanded 1
    • Freedom Expanded 2
    • Book of Answers
    • Human Condition Doco Proposal
    • The Great Exodus
    • A Species In Denial
    • Beyond
    • Free

    Showing results (includes EXACT & CLOSE matches) for ‘’ from Entire Website:

    Sorry, we couldn’t find any results matching ‘’.

    You haven’t searched anything yet. Please use the search field above to start a search.